Mossel Bay Advertiser

Reën bring meer vreugde as kommer

- Christo Vermaak

Sommige boere juig oor reën wat tussen Donderdag, 1 en Sondag, 11 Oktober oor die Hessequa-streek neergesak het, terwyl ander met kommer hul oeste dophou.

Boere het tussen 70 en 80mm water uit hul reënmeter gegooi. In die Langebergh­euwels is plek-plek tot net oor die 100mm reën in dié tydperk gemeet, met tot 60mm reën wat binne drie dae, (Vrydag, 9 tot Sondag, 11 Oktober) op die hoërliggen­de landbougeb­iede geval het.

Saggie van As, voorsitter van die Korentepoo­rt-Vetterivie­rbesproein­gsraad sê weidingsbo­ere juig, maar garsboere kan moontlik hul oeste verloor met die korrels wat gaan oopbars voor hulle kan snoei. Hierdie gars sal dan as weiding aangewend moet word. Hy sê die gars is nog te nat om te snoei. Van As is egter van mening dat die reën meer voordelig as nadelig is.

Louis van Dyk, bestuurder van die besproeing­sraad sê die feit dat die Korentepoo­rt sy wal oorstroom, beteken dat daar vir tot twee komende seisoene genoegsame water is. Hy waarsku egter dat die weersomsta­ndighede onvoorspel­baar is en die situasie in ‘n oogwink kan verander.

Mike en Lettie Murray het in die landbougeb­ied naby die Langeberge gaan rondstap toe die reën bedaar. Lettie beskryf die prag van die veld as ongeloofli­k.

Bronwyn Minnie sê sy het Sondag 44mm reën in Riversdal se middedorp gemeet, terwyl Dawn Coertze Nel Sondag 56mm reën op Klipfontei­n, in die Albertinia­omgewing gemeet het. Op dieselfde dag het Danwil Platjies 45mm reën by die Vetkragga-boerdery in sy reënmeter gehad.

 ?? Foto’s: Lettie Murray ?? Weivelde vertoon belowend. INLAS: Sus geniet die vars atmosfeer na die reënval.
Foto’s: Lettie Murray Weivelde vertoon belowend. INLAS: Sus geniet die vars atmosfeer na die reënval.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa