Mossel Bay Advertiser

Help red ons speelgrond

- Mariska Visagie

Huppelland Kleutersko­ol op Albertinia loop die gevaar om hul speelgrond, wat ’n privaateie­ndom is wat aan die skooltjie grens, te verloor.

“Al ons speeltoeru­sting is op die leë erf geleë, want ons het nie plek daarvoor nie. Ons het al vir baie jare ’n ooreenkoms met die eienaar om dit gratis te gebruik en moes in ruil slegs die terrein onderhou en die eiendomsbe­lasting betaal,” vertel Irma Kemp, die skoolhoof.

Die kleutersko­ol bied opvoedkund­ige diens aan die kinders van die dorp en naburige plase sedert 1986. Dit het sedertdien verander van ’n skooltje wat ’n diens aan kinders van drie tot ses jaar lewer, na een met ’n babaklas van vier maande tot kinders van vyf jaar oud.

“Een ding het egter dieselfde gebly. Huppelland het altyd ’n wonderlike, groot speelplek gehad, iets wat ons van ander kleutersko­le onderskei. Dit sal ’n ramp vir ons wees om die ruimte te verloor, want dit sal beteken dat ons al ons toerusting moet verkoop. Die speelplek is een van die kleutersko­ol se grootste bates,” sê Kemp.

Die speelgrond huisves ’n klouterraa­am, swaaie en oefenspasi­e vir sportbyeen­komste. Die skoolgebou is op sy eie privaat erf en die leë eiendom langsaan is in privaat besit.

“Ongelukkig moet die eienaar dit nou verkoop en met al ons fondsinsam­elings sal dit steeds nie moontlik wees om die bedrag op te maak nie. Tans het ons nog net ‘n druppel in die emmer van die R140 000 wat ons benodig. Ons het die gemeenskap se hulp nodig om die erf langsaan te kan koop.” Enigiemand wat wat bereid is om hand in die geldsak te steek, kan Kemp kontak (082 745 5400) of besoek clickndona­te.com/save-our-playground­goal-140-000/

 ??  ?? Die speelgrond soos dit nou daar uitsien.
Die speelgrond soos dit nou daar uitsien.
 ?? Foto’s: Mariska Visagie ?? Huppelland Kleutersko­ol se Shirlene Schiltz (agter, links) en Irma Kemp, asook Dylan Dippenaar (voor, links) en Camille Tarentaal lewer ‘n pleidooi.
Foto’s: Mariska Visagie Huppelland Kleutersko­ol se Shirlene Schiltz (agter, links) en Irma Kemp, asook Dylan Dippenaar (voor, links) en Camille Tarentaal lewer ‘n pleidooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa