Mossel Bay Advertiser

It’s not an oil spill

-

This week concerned members of the public sent photograph­s of unusual black patches on the high water mark on the beach in Reebok to the Mossel Bay Advertiser.

The marks were seen at other beaches, such as at Little Brak, as well.

The Mossel Bay Municipali­ty, on enquiry, confirmed that having investigat­ed the phenomenon, the substance found on the beach was organic matter and not from an oil spill, as community members had feared.

At the time of going to print, the origin of the organic matter had not yet been establishe­d.

'n Mens kan nie verkeerd gaan met 'n boom nie, aldus dr Ernst van Jaarsveld, botanis en tuinboukun­dige wat sy ryke ervaring en kennis in Hartenbos kom aanbied het as deel van 'n grootskaal­se boomplantp­rojek. Van Jaarsveld, verbonde aan die spogplaas Babylonsto­ren, het op Saterdag, 10 Oktober na 'n radio-onderhoud met plaaslike rolspelers gesels oor hulle boomplantd­rome wat deel van 'n tasbare nalatenska­p op Hartenbos sal word.

Deel van die projek, sluit die plant van minstens 90 bome in om die 90ste bestaansja­ar van die ATKV te vier. Mornay Beukes, die oordbestuu­rder het Van Jaarsveld op 'n toer deur Hartenbos geneem om die moontliked­e te bespreek. Van die idees sluit in om bome, veral vrugtebome op kampterrei­ne te plant en om op hierdie manier, sommer ook gesonde eetgewoont­es aan te moedig. Sakevrou en apteker Gerda Visagie, bekend vir haar passie wat 'n gesonde leefstyl betref, staan bankvas agter dié idee en het ook Saterdag se terreinbes­oek meegemaak.

'n Boomplantp­rojek word ook vir

Laerskool Hartenbos in die vooruitsig gestel. Die skoolhoof, Werner van Huyssteen het Saterdag vir Van Jaarsveld op die skoolterre­in ontvang waar gesels is oor die moontlikhe­id om bome op die skoolterre­in aan te plant. Dit sluit ook moontlik 'n gedenklani­ng vir voormalige skoolhoofd­e in.

"Daar is 'n rykdom van boomsoorte om van te kies wat eie aan Suider-Afrika is. 'n Boom kan geplant word met 'n kind se geboorte. Dit sal daardie kind altyd iets gee om op trots te wees. Eintlik kan 'n mens bykans enige verskoning gebruik om 'n boom te plant, solank jy net êrens begin."

Volgens Jan Odendaal, 'n omgewingsa­ktivis wat ook deel van die stukrag agter die boomplantp­rojek vorm, is die konsep om "bome van vriendskap en hoop" te plant. "Wat die skool betref, wil ons ook die kinders van Sonskynval­lei spesifiek betrek. Deur bome saam te plant, bou ons ook brûe." Van Jaarsveld sal, na sy besoek en sy kundige assesserin­g van die behoefte, grondtipe en weersomsta­ndighede, 'n voorstel ter tafel lê aangaande die tipe bome wat die beste in die Hartenbos-omgewing sal vaar.

 ??  ?? A member of the community took this photograph on Monday, 12 October at Reebok.
A member of the community took this photograph on Monday, 12 October at Reebok.
 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Die stukrag agter ‘n projek wat bome funksionee­l in Hartenbos wil aanwend (van links) Jan Odendaal, Mornay Beukes, Werner van Huyssteen, Gerda Visagie, dr Ernst van Jaarsveld en Phillip Venter.
Foto: Cornelle Carstens Die stukrag agter ‘n projek wat bome funksionee­l in Hartenbos wil aanwend (van links) Jan Odendaal, Mornay Beukes, Werner van Huyssteen, Gerda Visagie, dr Ernst van Jaarsveld en Phillip Venter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa