Mossel Bay Advertiser

Skryf tog net agterstall­ige skuld af

-

Hiermee wil ICOSA ‘n dringende mosie indien om te versoek dat alle agtestalli­ge skulde van inwoners wat gedurende Covid agtergeraa­k het as gevolg van die verlies van inkomste vanaf 1 April tot 30 September, soos wat verlede maand gedoen was toe besighede se skuld deur die raad afgeskryf was, ook afgeskryf moet word - of ‘n gedeelte daarvan.

ICOSA vra ook dat kerke en besighede wat swaar getrek het, en geen inkomste of ‘n gedeelte van hul inkomste ingekry het, ook in aanmerking moet kom vir afskrywing of ‘n gedeelte daarvan. ICOSA stel voor dat inwoners wat in aanmerking wil kom bewyse moet voorlê waarom hulle kwalifisee­r vir afskrywing of ‘n gedeelte.

‘n Dringende versoek is ook dat die besighede wie briewe geskryf het, vir afskrywing wat op verlede maand se agenda was, bewyse moet lewer dat hulle ‘n verlies gelei het van inkomste, indien hulle dit nie doen nie, dat heroorwegi­ng aan die besluite van verlede maand geskenk moet word. tydens die maandeliks­e raadsverga­dering in April, kort voor die aanvang van vlak 5 van die nasionale Covid-19 inperkings­fase, eenparig besluit op 'n pakket van finansiële verligting weens die Covid-19-pandemie vir verskillen­de geïdentifi­seerde groepe van ons dorp.

Met die aanvang van vlak 5 van die nasionale Covid-19 inperkings, is vir alle besighede, sonder dat hulle aansoek moes doen, ‘n drie-maande rentevrye grasietydp­erk vir die betaling van die totale munisipale rekening toegestaan. Na dié periode is verdere vergunning­s vir die betaling van agterstall­ige rekeninge rentevry toegestaan.

Individue wat weens Covid-19 hul werk of aansienlik­e persentasi­e van inkomste verloor het, is herhaaldel­ik aangemoedi­g om aansoek om deernisvoo­rdele te doen en 'n omvattende kommunikas­ieprojek is geloods om inwoners van dié vergunning, wat onder meer beperkte gratis dienste insluit, in te lig. Dienste soos water wat weens agterstall­ige skuld op drup geplaas is, asook die onderbreki­ng van elektrisit­eitsvoorsi­ening omdat met elektrisit­eitsmeters gepeuter is, is onmiddelli­k herstel sodat inwoners na hul gesondheid en veiligheid kon omsien.

Daar is spesifieke klem op huishoudin­gs met gestremde persone en kinderhuis­houdings gelê om hulle spesifiek tegemoet te kom.

Ook pensioenar­is-inwoners is aangemoedi­g om aansoek om afslag te doen en het van dié vergunning­s gebruik gemaak.

Die item wat onlangs voor die raad gedien het vir die afskryf van huurgelde vir diegene wat munisipale eiendomme huur, het die tersaaklik agtergrond en inligting bevat waarna raadslid Kamfer nou, verdagmake­nd, via die media vra. Dit terwyl hy volle toegang tot die munisipale administra­sie het om hom met raad en daad by te staan. Die raadsbeslu­it was gegrond op die deeglike oorweging van alle tersaaklik­e feite en argumente. Tereg het besighede wat munisipale infrastruk­tuur huur, kwytskeldi­ngs van hul huurverpli­gtings en nie diensterek­eninge nie, gekry. Hierdie groep sluit ook onder meer die besigheids­lui in die munisipale besigheids­parke soos die Beehives in D'Almeida en KwaNonqaba in.

* Brief en repliek oorskry woordperk. - Red

Die interkom was daardie oggend in die Afrikaanse klas besonder skril. "Cornelle Carstens...kan jy asseblief na die kantoor toe kom... Cornelle Carstens, kom asseblief na die kantoor." Askar sê niks. Haar gitswart oë blits agter my aan tot by die klaskamer se deur waar die hoofseun my boonop inwag. "Kry ek nou nog begeleidin­g ook?" Sy mondhoeke roer nie eens vir 'n glimlag nie.

Dit was waarskynli­k my eerste behoorlike kennismaki­ng met die verskil tussen beroemd en berug wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa