Mossel Bay Advertiser

Slaan ag op ons erfgoed

-

Ons Gourikwa Khoisan-stamhuis wag nog vir konsulteri­ng met ons, hier adverteer u hulle al om grond te verkoop.

Ons versoek konsulteri­ng met ons en ander betrokke stakeholde­rs soos Greenhaven Besigheids­forum en andere. Hierdie grond het sentimente­le en historiese waarde vir ons. Hierdie is kultuur erfenisgro­nd en nalatenska­p.

Op hierdie betrokke grond was ons skool, rugby, atletiek, krieket, tennisbaan. Trouens, die skool staan nog daar. Hierdie is afgeneem van ons deur die destydse Apartheids­wetgewing en as verklaring van sogenaamde blanke gebied.

By verskeie gemeenskap­svergaderi­ngs was hierdie saak al opgehaal, asook ander terreine. ‘n Versoek is ook na Boltons gerig om ons erfenis terug te gee. Hierdie, asook ander terreine is ons Erfenister­reine en moet terugkom na ons toe soos in die geval van Distrik 6 nou gebeur. Mense het versugting­e en verlange na ons erfenis. Stories, foto’s, heimwee en hunkering daarna kan getuig.

Ons is nie teen ontwikkeli­ng as sulks nie, maar hierdie is harts- of bloedgrond. Hierdie aksie is ‘n baie groot struikelbl­ok tot nasiebou en eenhorighe­id in ons dorp. Erken ons in hierdie saak. Kom praat met ons as diep verontregt­es oor hierdie grond. Haatgevoel­ens kan nou verder aangeblaas en aangevuur word.

Hierdie bitter beker van ons laat nou nog ‘n wrang smaak in ons mond. Kom reik uit na ons vir harmonie.

Ek het verlede week die Voortrekke­rmonument gaan besoek en dit het my diep geraak oor die trots en kultuur van ander volkere vir hul geskiedeni­s.

Kom word brugbouers en nie afbrekers daarvan nie. Die haas van ontslae raak van kultuurhis­toriese grond laat vraagteken­s.

Die kwessie van grondbesit deur inheemse stamme, veral in die Mosselbaai-munisipale gebied, is uiters belangrik vir die plaaslike owerheid en word met die nodige oorsig en deursigtig­heid hanteer. Sou dit tot die munisipali­teit se aandag kom dat daar moontlik ‘n grondeis op enige van die stukke grond ter sprake is, word die Grondeise Kommissie genader om dit te bevestig al dan nie.

Indien daar wel gerigestre­erde eise is, word daar nie voortgegaa­n met die saak nie tot die eis afgehandel is.

Meneer Jacobs, of trouens enige ander verteenwoo­rdiger van Gourikwa Khoisansta­mhuis, is welkom om die nodige bewyse van grondbesit of geregistre­ede grondeise aan die munisipali­teit voor te hou.

Enige ander kommentare rakende die moontlike verkoop van grond deur die munisipali­teit kan ook soos per kennisgewi­ngs in die plaaslike media ingedien word. Alle kommentare en besware word aan die raad vir ‘n finale besluit voorgehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa