Mossel Bay Advertiser

Dié kat het nege lewens

-

Wat in ‘n katastrofi­ese gebeurteni­s kon eindig, was wonderbaar­lik omskep toe die kat met nege lewens ewe ongeërg vir diens rapporteer en wys hy is nie ‘n kat wat jy sonder handskoene moet aanpak nie.

Hy was net vir ‘n wyle doenig met kattekwaad nadat hy en een van die lede soos kat en hond baklei het. Kolonel Tiger het die heeltyd kat en muis gespeel met die speurders van die Mosselbaai­polisiesta­sie.

Kolonel Tiger het gewys dat hy is nie net die kat se snorbaard nie, maar die ware Kolonel Tiger. Hy is beslis nie ‘n kat wat jy sommer agter elke boom (of uit elke sel) uitskop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa