Mossel Bay Advertiser

Kul jou hier, kul jou daar en siedaar

- Louise Karsten Foto's: Louise Karsten

Indien jy dit nie eerstehand­s beleef nie, is die moeilik om te glo, maar sowaar Mosselbaai het ‘n kulkunsten­aar, of kul hy dalk nie?

Die Mossel Bay Advertiser het onlangs by ‘n leser verneem van

‘n man wat glo vurke met net die gebruik van sy oë kan buig.

Nodeloos om te sê, was die

Advertiser ook maar skepties en het eers ‘n paar weke ná die nuuswenk ontvang is, die sogenaamde kulkunsten­aar gekontak. Na dié oproep, het Ruben Cornelius (31) ingestem om die

Advertiser se kantore te besoek.

Op die oog af lyk Ruben soos 'n doodgewone, netjiese jong man. Hy was vroeër ‘n persoonlik­e lyfwag en het intussen ‘n kwalifikas­ie in lewensafri­gting verwerf. Ruben het met kulkuns begin eksperimen­teer toe hy 18 jaar oud was. Intussen het hy ‘n persoonlik­e mentor gekry wat hom gehelp het om sy stokperdji­e te bemeester. “Ek het ook vir ‘n geruime tyd myself van ander mense ontrek en gemediteer.

“As ek vir jou iets wys wat jy dink onmoontlik is en ek maak dit vir jou moontlik, dan kan enigiets vir jou moontlik wees. Dít wil ek ook in my lewensafri­gting gebruik.”

Hy sê hy glo die lewe gaan oor positiewe energie en dat almal se energie aan mekaar gekoppel is. “Dit wat ek doen is nie dark magic nie. Ek maak niemand seer nie. My doel is om mense te vermaak en as iemand iets positief kan huis toe vat, en byvoorbeel­d sê dat ek regtig ‘n vurk voor hulle met die gebruik van my oë en energie omgebuig het, dan kan so ‘n persoon enigiets regkry. Verslawing kan oorwin so word en dit dien as motivering vir ander om nooit hoop te verloor nie.” Ruben het hierna vir ‘n werknemer van die Advertiser gevra om vir hom R2 te bring. “Teken enigiets daarop met ‘n inkpen om aan te dui dat dit joune is en dat ek dit nie met 'n ander R2-stuk vervang het nie.”

Of dit nou werklik gebeur het of nie, maar hy het, sonder om enigsens aan die muntstuk te raak, dit inderdaad omgebuig. Hy het daarna ook ‘n pen van ‘n tafel laat afval en ‘n kollega se bril van een na die ander kant laat omkeer.

Het dit werklik gebeur? Of is Ruben net ‘n baie goeie kulkunsten­aar? Dít, is 'n ope vraag.

 ??  ??
 ??  ?? Die R2-muntstuk wat Ruben gebuig het sonder om sy hande te gebruik.
Die R2-muntstuk wat Ruben gebuig het sonder om sy hande te gebruik.
 ??  ?? Ruben Cornelius
Ruben Cornelius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa