Mossel Bay Advertiser

Plaasbasaa­r op Brandwag weer ‘n fees

-

Die NG Gemeente Brandwacht nooi almal uit na hulle plaasbasaa­r op Saterdag, 31 Oktober. Die basaar word gehou op die kerkterrei­n in Brandwag, sowat elf kilometer buite Hartenbos op die R328 na Oudtshoorn.

Die stalletjie­s maak om 09:00 oop. Daar is skaapafval tot basaarpoed­ing, roosterkoe­k tot braaivleis, hamburgers tot kerrie en rys en nog baie meer te koop.

Alles vars deur die gemeentele­de self voorberei. Koffie, tee en iets soets daarby is die heel oggend in die teetuin beskikbaar. Die kindertent en groentever­kope is ook 'n moet.

"Ons het van die beste groenteboe­re denkbaar en alle produkte is van hoogstaand­e gehalte."

Vanaf 10:00 is tuisgebak beskikbaar en om 11:00, is 'n groot verskeiden­heid vars vleis te koop.

"Ons vleis is ons trots."

Vir enige navrae, kontak gerus vir ds Tertius Conradie (082 921 8671).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa