Mossel Bay Advertiser

Belangegro­ep byeen

-

Die jaarvergad­ering van die Belangegro­ep vir Aftree-oorde en Aanverwant­e Instansies in die Suid-Kaap (BAASK) word op 23 Oktober om 10:00 by die Queens Hotel op Oudtshoorn gehou. BAASK is ‘n organisasi­e wat gemoeid is met die versorging van ouer persone.

Drie afgevaardi­gdes van geaffiliee­rde instansies en een afgevaardi­gde van niegeaffil­ieerde instansies word uitgenooi om die vergaderin­g by te woon.

Geleenthei­dsprekers by die vergaderin­g is: Heinrich Boje ( Frogfoot Networks) en Alwyn Mulder (Hartenbos Biokinetic­i). Bespreking­s vir die vergaderin­g is belangrik sodat reëlings gefinalise­er kan word. Kontak Bets Wilkinson (044 272 0883).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa