Mossel Bay Advertiser

Kry jou griepinspu­iting

-

Persone wat veral in die hoërisiko-groep is, moet vanjaar seker maak dat hulle ’n griepinspu­iting kry.

Dit is volgens Nadia Ferreira, Wes-Kaap department van gesondheid se woordvoerd­er.

Wie val in die hoë risikogroe­p?

swanger vrouens MIV-positiewe persone persone, jonk of oud met ‘n hoë risiko vir griepverwa­nte komplikasi­es

inwoners van ouetehuise en ander fasiliteit­e vir chroniese sorg of rehabilita­sie

kinders tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar wat langtermyn­aspiriente­rapie ontvang

alle persone van 65 jaar en ouer

“Ons griepseiso­en mag later kom – beskerm jouself. Dit is gratis by alle klinieke beskikbaar,” sê Ferreira.

Skakel die kliniek in jou dorp vir ‘n afspraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa