Mossel Bay Advertiser

Oorlaaide HealthNET vra hulp

- Christo Vermaak

HealthNET (Health Non-Emergency Transport) het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die vervoer van pasiënte tussen hospitale en van wonings na hospitale en terug.

Deanna Bessick, kommunikas­iebeampte vir die Wes-Kaapse mediese nooddienst­e en forensiese patologies­e dienste, het bevestig dat die diens onder druk is.

Bessick se versoek om hulp met vervoer volg na verskeie klagtes van nienoodpas­iënte wat soggens vroeg en saans laat te voet ver afstande moet aflê.

“Ons doen ‘n beroep op pasiënte wat gesond en sterk genoeg is om met privaatvoe­rtuie na en van hospitale geneem te word, om nie op ‘n reeds oorlaaide HealthNET-diens te vertrou nie,” het Bessick gesê.

“Pasiënte word bespreek met behulp van ‘n aanlynstel­sel wat verseker dat sitplekke regverdig toegeken word. Bespreking­s kan slegs deur ‘n provinsial­e gesondheid­sorgfasili­teit (hospitaal/kliniek) gedoen word en pasiënte ontvang ‘n verwysings­nommer en datum.

“Pasiënte wat te siek is, moenie deur HealthNET vervoer word nie.” het Bessick gevra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa