Mossel Bay Advertiser

In die kol met draf en skiet

- Wyndham Ewerts

Oudtshoorn het verlede Sondag die eerste laserrun-byeenkoms sedert inperking by die De Jager-sportkompl­eks aangebied.

Laserrun is ‘n kombinasie van hardloop en laser-pistoolski­et wat bestaan uit drie of vier rondes, afhangend van die atleet se ouderdom. Die afstand waarvan geskiet word en die afstand wat gehardloop word hang dus af van die ouderdom van die atleet. Dit wissel van 5 m tot 10 m by die skiet, en die hardloop bestaan uit afstande van 400 m tot 800 m per ronde.

Volgens Bart Saaiman, een van die organiseer­ders, was dit duidelik dat die atlete van George, Mosselbaai en Oudtshoorn die saamwees terdeë geniet het.

By dié byeenkoms was daar gesoute atlete sowel as nuwelinge wat aan hul eerste byeenkoms deelgeneem het.

Die volgende byeenkoms vind plaas op 1 November by die Van Riebeeckst­adion op Mosselbaai en alle belangstel­lendes is welkom om aan te tree. Geen ouderdomsb­eperking geld nie en geen ondervindi­ng is nodig nie.

 ??  ?? Johan Windt wys die nuwe atlete die basiese beginsels.
Johan Windt wys die nuwe atlete die basiese beginsels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa