Mossel Bay Advertiser

Tiger is terug

- Cornelle Carstens

Lede van die gemeenskap van Danabaai is baie bekommerd oor ‘n nuwe tendens in dierehande­l wat tans in dié buurt kop uitsteek.

Volgens ‘n lid van die publiek, wat deel van ‘n WhatsApp-groep is wat die veral die belange van diere op die hart dra, is daar die afgelope paar weke ‘n onbekende man wat kleinhondj­ies verkwansel. Sy beweer dat sy die man verskeie vorige kere met ander hondjies in Danabaai sien rondloop het.

Volgens die vrou het sy die man verlede week met ‘n hondjie in sy arms in Heideweg sien loop. “Hy wou die hondjie eers vir R600 verkoop. Ek het hom gevra wie se hondjie is dit en hy het volgehou dat dit syne is.” Twee ander vroue wat die man teëgekom het, het toe die hondjie vir R50 by hom gekoop.

Gerda Reynders van die Tuinroete DBV op Mosselbaai sê dat hulle begrip het vir lede van die publiek wat hondjies uit jammerte koop, maar raai dit af. “As ‘n organisasi­e poog die DBV juis om die sterilisas­ie van diere aan te moedig. Deur egter babahondji­es by smouse te koop, word ‘n mark daarvoor geskep.”

Die Mosselbaai­munisipali­teit maan die publiek om kennis te neem dat die smous van troeteldie­re in die openbaar in die munisipale area ingevolge die verordenin­g oor die aanhou van honde (PK 6678 van 20 November 2009, artikel 9), streng verbode is.

“Die publiek word versoek om nie die verkopers te konfrontee­r of die diertjies aan te koop nie. In gevalle waar die smousery wel opgemerk word moet die munisipale wetstoepas­sers onverwyld te gekontak word. Die wetstoepas­sers is by magte om op die diertjie/s ter sprake beslag te lê en dit gepas te laat skut.” Die Tuinroete DBV Mosselbaai is die munisipale skut. Kontak die DBV ( 044 693 0824) of die Mosselbaai­munisipali­teit se 24-uur oproepsent­rum (044 606 5000) om deurgeskak­el te word na die wetstoepas­singsafdel­ing. Dit word aanbeveel om die verkoper in die oog te hou en om rekord van enige verdere inligting, onder meer die presiese area of straatnaam waar gesmous word, die smous se kleredrag, die tipe diertjie wat gesmous word en of die smous in ‘n spesifieke rigting op pad is, te hou.

 ??  ??
 ??  ?? Hierdie hondjie is op Vrydag, 9 Oktober in Danabaai verkwansel. Dit is papnat gereën by die plaaslike veearts afgegee sodat ‘n geskikte huis gesoek kon word.
Hierdie hondjie is op Vrydag, 9 Oktober in Danabaai verkwansel. Dit is papnat gereën by die plaaslike veearts afgegee sodat ‘n geskikte huis gesoek kon word.
 ??  ?? Hierdie man is al verskeie kere en telkens met kleinhondj­ies van verskeie rasse in Danabaai opgemerk.
Hierdie man is al verskeie kere en telkens met kleinhondj­ies van verskeie rasse in Danabaai opgemerk.
 ??  ?? Nog een van die hondjies wat gesmous is.
Nog een van die hondjies wat gesmous is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa