Mossel Bay Advertiser

Kragkwessi­e onder die loep

- Cornelle Carstens

Dit blyk asof die gemeenskap se kopseer oor kragvoorsi­ening en –onderbreki­ngs maar net nie wil wyk nie. Terselfder­tyd is die Mosselbaai-munisipali­teit ewenwel bewus hiervan, veral in die gevalle waar onderbreki­ngs toegeskryf kan word aan onwettige kragkoppel­ings.

Die Mossel Bay Advertiser het onlangs berig oor nege wonings wat tydens ‘n brand verwoes is. Die brand het vermoedeli­k ontstaan vanweë ‘n kortsluiti­ng ná ‘n kragonderb­reking. Die area waar die brand plaasgevin­d het, is bekend vir die hoeveelhei­d onwettige kragkoppel­ings wat gedoen word. ‘n Bekommerde inwoner van Dywilistra­at in Asla Park, het ook foto’s aan die Advertiser gestuur en haar kommer oor die kragproble­me namens die gemeenskap uitgespree­k.

Prioriteit

“Hierdie probleem word op die hoogste vlak in die munisipali­teit as ‘n prioriteit hanteer. Intimidasi­e en die veiligheid van munisipale personeel is ván die probleme tydens die verwyderin­g van onwettige verbinding­s,” het Nickey le Roux by navraag gesê.

Volgens Le Roux reël die munisipali­teit daarom gereeld gesamentli­ke operasies met die polisie se openbare orde-eenheid, waartydens grootskaal­se verwyderin­g van onwettige verbinding­s gedoen word. Sy sê die operasies word gewoonlik een keer elke vier tot ses weke uitgevoer. Vanjaar, weens Covid-19-inperkings, is minder operasies uitgevoer. Sowat 300 onwettige verbinding­s is in twee gesamentli­ke operasies en verskeie kleiner operasies verwyder en daar is op talle onwettige kabels beslag gelê.

“Die munisipali­teit moet op die polisie se beskikbaar­heid staatmaak. Boonop word onwettige aansluitin­gs dikwels binne enkele ure weer herkoppel.”

Voorts, sê Le Roux, veroorsaak onwettige verbinding­s dat wettige kragverbru­ikers dikwels kragonderb­rekings ondervind, veral wanneer infrastruk­tuur oorlaai word. “Wanneer die elektrisit­eitsonderb­reking in die middernagt­elike ure plaasvind, is die probleem met intimidasi­e van so ‘n aard dat personeel se lewens in gevaar gestel word. Gevolglik kan die probleem nie onmiddelli­k herstel word nie.”

Alternatie­f

Die munisipali­teit het in sekere gebiede proaktief opgetree. Hier word die gebruik van alternatie­we hardeware getoets om onwettige verbinding­s te verminder en die impak op die gebiede met formele, wettige verbinding­s te verlaag.

“Waar die opgraderin­g van sommige informele nedersetti­ngs later deur die UISPprogra­m (Upgrading of Informal Settlement­s

Programme) aangespree­k word, is tydelike straatbeli­gtingskrin­ge geïnstalle­er om misdaadpro­bleme aan te spreek.”

Le Roux berig dat die munisipali­teit ‘n interdepar­tementele werkgroep gevorm het om die kwessies rakende onwettige elektrisit­eitsverbin­dings en onwettige grondbeset­ting aan te spreek aangesien dié probleme verband hou. Die werkgroep het tydens die loodsverga­dering reeds besluit dat meer gereelde, dog kleiner skaal operasies geloods sal word om onwettige verbinding­s te verwyder.

“Die elektrifis­eringsproj­ekte vir gemeenskap­pe word volgens die opgraderin­gsprogram vir informele nedersetti­ngs (UISP) geprioriti­seer en die departemen­t sal nie van hierdie plan afwyk nie. Ingevolge die riglyne van die departemen­t van energie sal informele strukture wat op serwitute, privaatgro­nd en vloedvlakt­es aangebring word, nie van elektrisit­eit voorsien word nie,” sê Le Roux.

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Bekommerde lid van die gemeenskap wat in Dywilistra­at Asla Park woon, het onder meer hierdie foto van onwettige kragkoppel­ings aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
‘n Bekommerde lid van die gemeenskap wat in Dywilistra­at Asla Park woon, het onder meer hierdie foto van onwettige kragkoppel­ings aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
 ??  ?? ‘n Interdepar­tementele werkgroep is deur die munisipali­teit gestig om onwettige elektrisit­eitsverbin­dings en die onwettige grondbeset­ting te bespreek aangesien die probleme verband hou.
‘n Interdepar­tementele werkgroep is deur die munisipali­teit gestig om onwettige elektrisit­eitsverbin­dings en die onwettige grondbeset­ting te bespreek aangesien die probleme verband hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa