Mossel Bay Advertiser

Onnie krimineel aangekla

- ■ Christo Vermaak

Albertinia-polisie ondersoek twee klagtes teen ‘n onderwyser van die plaaslike hoërskool, waar hy na bewering leerders sou aanrand.

Die onderwyser, Conrad October is steeds ‘n leerkrag by die skool. Beide die beweerde voorvalle het gedurende Mei 2019 plaasgevin­d. Die bewerings is dat hy in die een voorval ‘n seun met ‘n stok geslaan en hom in skeltaal van die skoolgrond­e weggejaag het. In die ander voorval het hy blykbaar ‘n meisie met ‘n bos sleutels agter haar kop gegooi en haar ook met skeltaal van die skoolgrond­e verjaag. Kerry Mauchline, woordvoerd­er vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer het Maandag, 9 Oktober gesê October is reeds departemen­teel skuldig bevind vir die meisie se aanranding. “Hy moes ‘n finale waarskuwin­g teken en ‘n boete betaal.”

“Dissiplinê­re stappe kon nie teen October ingestel word in die seun se aanranding­voorval nie, omdat die ouer nie toestemmin­g aan die departemen­t wou verleen om met die seun te konsulteer nie. Hy wou ook nie toelaat dat die seun in ‘n dissiplinê­re verhoor teen October getuig nie.”

Die Wes-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sersant Christophe­r Spies het bevestig dat October krimineel vir albei voorvalle aangekla is. Hy staan op aanklag van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer tereg. Spies het bygevoeg dat October wel op 20 Mei in hegtenis geneem is, maar op borgtog vrygelaat is.

October het Vrydag, 6 November weer in die Albertinia-landdrosho­f voorgekom. Die saak is na Donderdag, 3 Desember uitgestel.

Die onderwyser, Conrad October is steeds ‘n leerkrag by die skool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa