Mossel Bay Advertiser

Boek vir slagoffers van plaasaanva­lle op dreef

-

'n Skrywer van Uitenhage, Nico Schamrel stel 'n gebedeboek saam om vir slagoffers van plaasaanva­lle van hulp te wees. Schamrel sê hy het besluit om bekendes en die publiek te betrek. “Dit het agt maande geneem om van ons bekende Suid-Afrikaners te nader om aan my ’n gebed, skrywe, gedig of die woorde van ’n liedjie te stuur. Ek was oorweldig deur bydraes.”

Hierdie inisiatief word onder die vaandel van NS Liefdesdie­ns van stapel gestuur. Dit is ’n nie-winsgewend­e platform wat gebruik word om fondse in te samel vir liefdadigh­eid en My Gebed vir ’n Boer is sy eerste groot projek.

“Suid-Afrika se Mej Wêreld 1974, Anneline Kriel-Bacon, is my ambassadeu­r vir hierdie projek en haar bestuurder, Leonard Arendt, my assistent.”

Van die land se top kunstenaar­s het bydraes gelewer. Dit sluit Gerhard Steyn, Brümilda van Rensburg, Nianell, Solly Philander, Leon van Nierop, Amanda Strydom, Juanita du Plessis, AnnelineKr­iel-Bacon, Jo Black en Amor Vittone in. Nog inskrywing­s word verwag.

Schamrel nooi inwoners van Mosselbaai uit om deel te wees van die projek. 'n Inskrywing­sfooi moet betaal word en dit word gebruik om die boek te publiseer.

Die fondse uit die verkope word geskenk om slagoffers van plaasaanva­lle van hulp te wees.

Inwoners kan hulle gebede, gedigte, of skrywe e-pos (nicoschamr­el@gmail. com). Inskrywing­s mag nie meer as 150 woorde wees nie en gedigte moet kort wees. Besoek www.nicoschamr­el.com vir meer inligting.

 ??  ?? Die skrywer, Nico Schamrel.
Die skrywer, Nico Schamrel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa