Mossel Bay Advertiser

Jukskeie vlieg

- Sydney Stopforth

Die Kobus Boshoff ope jukskeidag word jaarliks goed ondersteun, maar verlede Saterdag, 7 November is vorige bywonings verreweg oortref.

Veertien spanne het ingeskryf - agt spanne in die C-afdeling en drie in die A- en B-afdelings onderskeid­elik.

Spelers vanaf die Oostelike Provinsie (OP), Worcester, Stilbaai, Riversdal, Boggomsbaa­i, George, Danabaai en uiteraard vanaf Hartenbos het ingeskryf. Die jukskeiter­rein was in ‘n puik toestand en die sandputte doeltreffe­nd met sand gevul en goed voorberei.

Dit was baie duidelik dat die jukskeisei­soen nou in alle erns bejeën word wat duidelik blyk uit die standaard van jukskei wat geleidelik besig is om op te tel na ‘n hoër vlak. Verskeie goeie houe is gegooi en die meer ervare spelers het met uitstekend­e en sekuur berekende afronding na vore getree.

‘n Titaniese stryd het gewoed in al drie afdelings, maar veral in die A- en B-afdelings het die spanne mekaar deeglik opgedreun. Die klein punteversk­il in die finale puntestand is ‘n duidelike bewys van die strawwe wedywering.

In die A-afdeling het Hartenbos weer eens sy baasskap bewys deur eerste te eindig. Ook in die B-afdeling het Hartenbos koning gekraai. In die C-afdeling het Riversdal al sy kragte gekonsolid­eer en het gevolglik koning gekraai met ‘n gerieflike eerste plek, met Oostelike Provinsie in die tweede en Hartenbos in die derde plek. Terra Nortje van Groot-Brakrivier se sosiale jukskeiklu­b het bygedra tot die sukses van Hartenbos se B-span.

Daarvoor is Hartenbos B se drie spelers baie dankbaar. Dat Danabaai, ‘n sosiale klub twee spanne ingeskryf het, is voorwaar verblydend. Normaalweg speel die sosiale klubs hoofsaakli­k gedurende die week jukskei teen mekaar. Terloops, daar is ongeveer ses sosiale klubs in die Edenjukske­idistrik.

Die hoop bestaan dat die sosiale klubs almeer sal opdaag by ope jukskeidae. Dit kan betekenisv­ol wees vir sodanige spelers en kan op die wyse hul jukskei na ‘n hoër vlak laat opskuif. Hartenbos-jukskeiklu­b bedank alle spelers vir hul opkoms en deelname.

Na afloop van die dag se spel is goud, silwer en brons medaljes aan spelers oorhandig wat eerste, tweede en derde plekke in elke afdeling verower het.

 ??  ?? Hartenbos A-span wen goud: Sydney Stopforth, Bossie Boshoff, Dolf Barnard en Johan Brummer.
Hartenbos A-span wen goud: Sydney Stopforth, Bossie Boshoff, Dolf Barnard en Johan Brummer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa