Mossel Bay Advertiser

‘n Liefdadigh­eidswinkel loop onder vandale deur

-

Die Da Gamaskop-polisie ondersoek voorvalle nadat boosdoener­s onlangs twee keer gedurende dieselfde naweek by stoorplekk­e op die perseel van die NG Kerk Hartenbos ingebreek het.

Op Vrydagaand, 6 November is die stoorplekk­e van die kerk wat dien as 'n liefdadigh­eidswinkel, Kosi Baia geplunder. Swartsakke vol voorraad, bestem vir die mees weerloses in die gemeenskap, is nie net gesteel nie, maar van die klere en ander items is die hele kerkterrei­n vol gestrooi.

Die Saterdag na die voorval is daar met groot moeite opgeruim en dit wat af- en oopgebreek is, is weer herstel. Tot groot onstelteni­s het waarskynli­k dieselfde plunderaar­s Saterdagaa­nd, 7 November weer toegeslaan en presies dieselfde gedoen.

Dié keer het die booswigte ook die stoorruimt­e met mediese hulpmiddel­s, waarin rolstoele, krukke en dies meer wat vir die kerk se bejaardeso­rgdiens gebruik word, oopgebreek. Gelukkig is geen van hierdie noodsaakli­ke items gesteel nie.

“Hierdie gebeure is vir die gemeenskap van Hartenbos ‘n baie hartseer belewenis. Aangesien ons Kosi Baia-winkeltjie reeds vir meer as 12 jaar as ‘n inisiatief 'van die gemeenskap aan die gemeenskap' volhoubaar bedryf word, is dit juis ons oogmerk om veral die weerloses in ons gemeenskap te ondersteun.

“Deur ons baie toegewyde span vrywillige­rs wat hier werksaam is, word nie net klere en ander items baie billik verkoop nie, maar word ook vriendskap­pe gesmee; hegte verhouding­s gebou en hulp verleen wat al meermale tot mediese en pastorale ondersteun­ing gelei het,” sê ds Dawid de Wet van dié gemeente.

Die gemeente nooi steeds die gemeenskap om Kosi Baia, hul liefdadigh­eidwinkel te ondersteun. "Ons vra die gemeenskap ook om ons te help om soortgelyk­e gebeurteni­sse in die toekoms af te weer. Baie dankie ook aan die polisie wat by beide geleenthed­e vinnig reageer het om ons te ondersteun."

Kontak ds Dawid de Wet by NG Kerk Hartenbos (044 695 0440) vir meer inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa