Mossel Bay Advertiser

Huis, paleis, pondok, varkhok

- Cornelle Carstens

Eienaars van eiendom in die N2 Industriël­e Park slaak 'n sug van verligting nadat daar in 'n hofbevel gelas is dat die varkboerde­rye in die omgewing binne twee jaar geskuif moet word, maar die ongerief verduur en skade gely vanweë dié onregmatig­e boerdery, is 'n teer punt.

Volgend Geoff van Rensburg, voorsitter van die eienaarsve­reniging het hy sy eiendom in Desember 2008 gekoop toe daar geen boerderyak­tiwiteite in die omgewing was nie. Van Rensburg sê dat hy bykans 'n miljoen rand vir sy eiendom betaal het. In 2012, toe hy met ontwikkeli­ng begin het, was daar volgens hom slegs een varkboer. Die getalle het egter oor tyd dramaties toegeneem.

Onuithoudb­aar

Die Mossel Bay Advertiser het van 'n ingeligte bron verneem daar by tye tot soveel as 600 varke aangehou is.

Van Rensburg noem dat die stank van die plase vanweë swak higiëne ondraaglik geword het.

Hy vertel ook dat die diere dikwels net daar geslag word.

"Daar is bykans 40 erwe wat nog hier verkoop en ontwikkel kan word, maar niemand stel meer daarin belang nie. Ons eiendomswa­arde het geweldig afgeneem.

Erwe verkoop nou vir slegs R350 000 en niemand wil koop nie."

Volgens Van Rensburg is die varkboerde­rye se teenwoordi­gheid 'n groot bydraende faktor.

'n Verdere bron van kommer wat deur die eienaarsve­reniging genoem is, is dat al die afval wat deur die varkboerde­rye gegenereer word teen die helling afloop en uiteindeli­k in waterweë beland wat na Diasstrand afgevoer word.

Met die Advertiser se besoek aan die perseel 'n tyd gelede, is gemerk dat heelwat van die strukture waar diere, veral varke voorheen aangehou is, verlate staan en dat sommige ander plaasdiere soos skape huisves.

Johan Nel, eienaar en ontwikkela­ar van die perseel het verkies om nie sonder goedkeurin­g van sy regsvertee­nwoordiger kommentaar te lewer nie.

Nel het genoem dat die N2 Industriël­e Park meer as 10 jaar gelede gevestig is en het ook genoem dat dit tans die laaste area in Mosselbaai is waar industrieë nog gevestig kan word.

Hofbevel

Van Rensburg verduideli­k dat vanweë die talle klagtes van beleggers en die eienaars betreffend­e die varkboerde­rye, hulle geen ander keuse gehad het as om 'n regspad, teen hoë koste te loop nie.

Op 17 Junie vanjaar is die Mosselbaai­munisipali­teit in terme van 'n hofbevel uitgereik deur die Kaapse hooggeregs­hof gelas om aan die relevante bywette, wat die Oorlasvero­rderning insluit, te voldoen en die varkboerde­rye binne 'n periode van twee jaar van die huidige perseel te verwyder. "Ons is baie dankbaar teenoor die ontwikkela­ar wat hierdie proses namens ons gedryf het." Die Oorlasvero­rdening bepaal onder meer dat die eienaar van ‘n dier of die persoon in beheer daarvan nie mag veroorsaak of toelaat dat ‘n dier die gewone gerief, gemak, vrede en rus van ander mense versteur of skade vir ander veroorsaak nie. Die perseel waarop ‘n dier aangehou word, moet in ‘n skoon en netjiese toestand gehou word

om te voorkom dat ‘n openbare oorlas ontstaan.

Van Rensburg het aan die Advertiser te kenne gegee dat ten spyte van die hofbevel, daar nog min antwoorde is rakende wanneer die verskuiwin­g gaan plaasvind. Hy het ook beweer dat e-posse wat hy aan die Mosselbaai-munisipali­teit gerig het om hierna te verneem, nie na wense beantwoord is nie.

"Die munisipali­teit is op deurlopend­e basis in konsultasi­e met alle rolspelers ten einde te voldoen aan die hofbevel binne bovermelde voorgeskre­we tydperk. Dit sluit in konsultasi­e met die departemen­t landbou en departemen­t grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng. Tydens ‘n onlangse vergaderin­g met die huidige okkupeerde­rs is die algemene netheid van die perseel tot bevredigin­g van die munisipali­teit, die voorkoming van verdere uitbreidin­g, asook die verminderi­ng van getalle bespreek," het die munisipali­teit in reaksie gesê.

‘Ons eiendomswa­arde het geweldig afgeneem.’

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die Kaapse hooggeregs­hof het gelas dat die Mosselbaai-munisipali­teit binne ‘n periode van twee jaar van varkboerde­rye langs die N2 Industriël­e Park ontslae moet raak.
Foto: Jannie du Plessis Die Kaapse hooggeregs­hof het gelas dat die Mosselbaai-munisipali­teit binne ‘n periode van twee jaar van varkboerde­rye langs die N2 Industriël­e Park ontslae moet raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa