Mossel Bay Advertiser

'n Beiteltjie vir Baard se arbeid

- Cornelle Carstens

Gelukwensi­nge het ingestroom op sosiale media nadat Petronel Baard, bekroonde sanger, liedjieskr­ywer en kampvegter vir die kunste op 30 November deur die Afrikaanse Woordkunsa­kademie met die Orde van die Beiteltjie vereer is. Baard is een van Mosselbaai se trotse uitvoerpro­dukte.

Die toekenning­s is virtueel op Facebook en op YouTube gebeeldstr­oom. ‘n Oorkonde, trofee en kontantbed­rag is deel van elke toekenning.

Die gesogte Ordes van die Beiteltjie is vanjaar toegeken aan Frieda van den Heever, Ilse Oppelt, Petronel Baard, Frazer en Deniel Barry, Chrisna Beuke-Muir, Steffie le Roux en Deon Meiring. Dié agt sluit nou aan by die 31 toonaangew­ende woordkunst­enaars wat sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsa­kademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang het.

Dr Fanie Marais, Uitvoerend­e Trustee van die Cordis Trust, het gesê hy is oortuig die toekenning­s sal die ontvangers inspireer tot groter prestasie en om ander te begeester en by te staan.

'n Groot jaar

Die jaar het egter vir Baard ook sy teleurstel­lings opgelewer toe die Nasionale Klein Karoo Kunstefees vanweë Covid-19 gekanselle­er is en sy nie daar kon optree na 'n lang afwesighei­d by die fees nie. Nie iemand wat haar maklik laat onderkry nie, het sy haar dadelik na die aanlynplat­form gewend. Op hierdie manier het haar pad met die Cordis Trust gekruis en het goeie samewerkin­g ontstaan. Soveel so dat sy en haar span by die beeldsendi­ng van die toekenning­sgeleenthe­id betrokke was.

Saam met die Cordis Trust was sy gedurende die jaar by verskeie aanlynkons­erte betrokke.

Sy beskou 2020 as 'n groot jaar. As deel van die Theatre Collective, het sy saam met verskeie rolspelers in die kunstebedr­yf voorleggin­gs help formuleer wat deur die nasionale parlement aangehoor is. Sy verduideli­k dat die lywige dokument van bykans 100 bladsye daarop gemik is om onder meer beter kommunikas­ie tussen die departemen­t van kultuursak­e en sport en die kunstegeme­enskap te bewerkstel­lig.

"Ek is baie opgewonde hieroor, aangesien dit die eerste keer in my 21 jaar in die bedryf is dat ek soveel samewerkin­g binne die kunstegeme­enskap op alle vlakke sien." Van haar werk op plaaslike vlak wat betref die baanbreker­swerk wat die Mosselbaai Kreatiewe Kultuurass­osiasie (Mokka) doen, is ook raakgesien en word tans ingespan om as 'n gevallestu­die te dien vir kunste-ontwikkeli­ng.

Baard is vroeër in November deur die FAK Kultuurnet­werk vereer tydens die plaaslike Inspirasie Vrou-toekenning­s wat vir die eerste keer vanjaar aangebied is. Sy dien ook op die Wes-Kaapse Kultuurkom­missie, asook die Tuinroete Filmkommis­sie.

Bemoedigin­g

Petronel Baard het haar loopbaan 21 jaar gelede met 'n gesogte ATKV Crescendot­oekenning op 'n hoë noot begin.

Sy was dit nog altyd eens dat die kunste die wegtrekpun­t behoort te wees vir gemeenskap­sontwikkel­ing in Suid-Afrika. Sy is van mening dat die kunste die plek is waar mense mekaar kan vind en kan opbou.

Baard het vandeeswee­k aan die Mossel

Bay Advetiser gesê dat sy mateloos beïndruk is met die Cordis Trust se ywer vir die Afrikaanse kunste.

Hoewel sy die toekenning geensins verwag het nie, het Baard beken dat erkenning op jou werk maar altyd iets is wat enige mens se hart verbly. "Dit dien as groot bemoedigin­g ook op mens se pad in die wildernis per se."

Die toekenning­s wat op Cordis Trust se Facebookbl­ad http://www.facebook.com/ cordistrus­twww.facebook.com/cordistrus­t en YouTube-kanaal https://bit.ly/cordisYT, gebeeldstr­oom is kan steeds hier gekyk word.

 ??  ??
 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Petronel Baard is met ‘n gesogte toekenning van die Afrikaanse Woordkunsa­kademie vereer.
Foto: Cornelle Carstens Petronel Baard is met ‘n gesogte toekenning van die Afrikaanse Woordkunsa­kademie vereer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa