Mossel Bay Advertiser

Swak bywoning stel diep teleur

- Wilma Adamson

“Dit is teleurstel­lend om te sien dat dit net weer die gewone ou staatmaker­s is wat vandag hier is; hulle wat voorvat in die gemeenskap en sê ons staan vir die regte van vroue en kinders.”

Dit was die woorde van ao Morné D’Emiljo van Stilbaai-polisie op Woensdag, 25 November wat die verwelkomi­ng behartig het met die amptelike afskop van die 16 dae van aktivisme van geweld teen vroue en kinders. Slegs ‘n handjievol mense het by die gemeenskap­saal op Melkhoutfo­ntein opgedaag. D’Emiljo het bygevoeg dat hy die slagoffers, maar so ook die oortreders wat spesiaal genooi was om die geleenthei­d by te woon om bemagtig te word, mis.

Die geleenthei­d was deur pastoor Jannie Kleynhans geopen, waarna sers Christiana Lewaks, sosiale misdaadkoö­rdineerder en sameroeper, ‘n kort oorsig van die ontstaan en betekenis van die 16 dae van aktivisme gegee het. “Dit word nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd, elke jaar op 25 November geloods en dit duur tot 10 Desember,” het sy verduideli­k.

Die plaaslike gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF), die gesins- en kinderbesk­ermings eenheid van die polisie en maatskapli­ke ontwikkeli­ng (Riversdal) was ook verteenwoo­rdig.Twee oud-polisieled­e, Albert en Chrystel Cloete het as sprekers opgetree om slagoffers van geweld te bemagtig.

Veral Chrystel het ‘n vurige pleidooi tot die gemeenskap gerig om jeugdiges wat dwelms gebruik of hulle aan misdadige gedrag oorgee, te probeer help. “Al maak dit net ‘n verskil in een kind se lewe, is dit klaar die moeite werd.”

Deon du Toit, ‘n proefbeamp­te by maatskapli­ke ontwikkeli­ng het gesê dat bewusmakin­g van geweld teenoor vroue en kinders is uiters belangrik. “Ons wil vandag ook ons slagoffers van geweld bewus maak van wat hulle kan doen indien daar geweld in die huishoudin­g is, nie slegs teen vrouens nie, maar ook mans en met kindermish­andeling,” het hy gesê.

Volgens hom het sulke bewusmakin­gsveldtogt­e ‘n positiewe uitwerking en neem gevalle beslis af waar dit aangebied word. Adjudantof­fisier Adriaan Olivier van die gesins- en kinderbesk­ermingseen­heid wat bietjie later opgedaag het omdat hy besig met ‘n arrestasie van ‘n seksuele oortreder was, het tydens sy spreekbeur­t klem daarop gelê dat die bure, of enigiemand wat van gesinsgewe­ld bewus is, dit moet aanmeld.

“Indien die saak nie opgevolg word nie, gaan meld dit weer aan - en weer, tot iemand luister en daar werk van gemaak word. Moenie moed opgee en dit net daar laat nie," het hy beklemtoon.

“Ongelukkig is dit so dat dit vir ‘n slagoffer, veral een van verkragtin­g, voel dat hy of sy die beskuldigd­e is wanneer die saak in die hof voorkom en daar is feitlik geen ondersteun­ingsnetwer­k van die staat se kant af vir daardie persoon nie,” het hy gesê.

Dianne Miggels het die bedankings behartig, waarna ‘n gelukstrek­king gehou is en geskenke aan die sprekers oorhandig is. Almal het ook ‘n mooi vetplantji­e ontvang. Lewaks, wat baie moeite met die uitnodigin­gs, eetgoed en selfs kaartjies van bemoedigin­g handgemaak en dit by elke bordjie gesit het, het na die geleenthei­d ook haar teleurstel­ling oor die swak bywoning teenoor Suid-Kaap Forum uitgespree­k.

“Vir so ‘n belangrike saak soos dié sou mens werklik verwag dat ons gemeenskap meer belangstel­ling sou toon. Dit is eintlik baie hartseer.”

 ?? Foto’s: Wilma Adamson ?? Sersant Christiana Lewaks, sosiale misdaadkoö­rdineerder staan ‘n gas by.
Foto’s: Wilma Adamson Sersant Christiana Lewaks, sosiale misdaadkoö­rdineerder staan ‘n gas by.
 ??  ?? Adjudant offisier Andriaan Olivier aan die woord.
Adjudant offisier Andriaan Olivier aan die woord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa