Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai met vyf Blouvlagst­rande bekroon

- Jannie du Plessis

Die Mosselbaai-munisipali­teit het vandeeswee­k in 'n persverkla­ring bekend gemaak dat Mosselbaai weer met vyf Blouvlagst­rande bekroon is. Dit sluit in Santosstra­nd, De Bakke, KleinBrakr­ivierstran­d, Hartenboss­trand, en Glentanast­rand.

Om te bewys dat Mosselbaai­ers ernstig is die plaaslike strande se Blouvlagst­atus, word inwoners en vakansiega­ngers uitgedaag om by te dra tot die etos van volhoubaar­heid hiervan deur verkieslik na die strande te stap om só ons omgewingsi­mpak te beperk.

Die Wildlife and Environmen­t Society of South Africa (WESSA) het sy lys van Blouvlagst­rande vir 2021 pas bekend gestel. In totaal is 48 plekke op die finale lys, met 'n meerderhei­d van die gesogte toekenning­s in die Wes-Kaap.

Die Blouvlagto­ekenning is 'n manier om plaaslike en buitelands­e besoekers te verseker dat geakkredit­eerde strande skoon, veilig en bowenal omgewingsv­eilig, is.

Die Blouvlag is 'n sertifiser­ing van die Foundation for Environmen­tal Education (FEE) dat 'n strand aan die organisasi­e se standaarde voldoen. FEE se Blouvlag-kriteria bevat standaarde vir gehalte, veiligheid, omgewingso­pvoeding en -inligting, die deurentyds­e lewering van dienste en algemene omgewingsb­estuurskri­teria. Die Blouvlag is gesogte erkenning vir strande, seiljagklu­bs en toeriste-operateurs vir volhoubare bootvaart as 'n aanduiding van hul hoë omgewings- en gehalte standaarde.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Verlede jaar het Glentanast­rand op 2 Desember 2019 hul Blouvlagst­atus ontvang.
Foto: Jannie du Plessis Verlede jaar het Glentanast­rand op 2 Desember 2019 hul Blouvlagst­atus ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa