Mossel Bay Advertiser

Hessequa en Tuinroete kry veilige hawe vir mishandeld­e vroue

- Christo Vermaak

Bemagtigin­g van slagoffers van geslag s gebaseerde gewel dindi e Hesse qua streek, Tuinroete, Weskus en Sentraal-Karoo is besig om te realiseer.

Die Wes-Kaapse minister van maatskapli­ke ontwikkeli­ng, Sharna Fernadez het Maandagaan­d, 30 November bekend gemaak dat ses huise in die genoemde dele reeds aan haar departemen­t toegeken is om met maatskapli­ke werkers hul prosesse van stapel te stuur om met die bemagtigin­g te begin.

Kommunikas­ie beampte vir Fernandez, Joshua Covenant Chigome het Dinsdag, 1 Desember gesê die veilige hawens sal ‘n veiligheid­snet werk vir kwesbare vroue en kinders wees, veral in landelike gebiede.

Fernadez het die Hessequa-streek Maandagaan­d geïdentifi­seer as een van die dorpe waar so ‘n veilige hawe reeds besig is om afgerond te word.

Personeel by die veilige hawens sal slagoffers van geslag s gebaseerde geweld bemagtig in sosio-ekonomiese ontwikkeli­ng, gesondheid­sorg, regsdienst­e en vaardighei­dsontwikke­ling.

Fernandez het gesê noudat die memorandum van verstandho­uding deur al die nodige belanghebb­endes onderteken is, sal alle vennote verseker dat al die onderskeie opknapping­s plaasvind, sodat haar departemen­t gereed sal wees om kliënte in die nuwe jaar te begin neem.

“As eienaars van die eiendomme en in ooreenstem­ming met artikel 38 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, is die nasionale departemen­t van openbare werke en infrastruk­tuur verantwoor­delik vir die instandhou­ding en herstelwer­k van die geboue, terwyl die provinsial­e departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng verantwoor­delikheid sal neem vir die eiendomme se bedryfskos­te," het Chigome gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa