Mossel Bay Advertiser

Predikant, radioman, brugbouer is weer verkies om te lei

- Cornelle Carstens

Die jaar 2020 wat vir baie Suid-Afrikaners ‘n jaar van struikelbl­okke en terugslae was, het vir pastoor Leon Prinsloo, leierleraa­r van die AGS Greenhaven op ‘n hoogtepunt geëindig. Prinsloo is verlede maand weer as die voorsitter van die Apostolies­e Geloofsend­ing van Suid-Afrika (AGS) se SWD-streek verkies. Dit sal sy vierde termyn in dié amp wees.

Die streek sluit 50 gemeentes in en strek oor ‘n massiewe gebied in die Suid-Kaap, Klein asook Groot Karoo, Hessequa- en Bitou-streke. Prinsloo beskryf 2020 as een van die moeilikste jare in leierskap denkbaar. Die tasbare probleme wat hy as “massief” beskryf, kon net deur toegewyde leierskap en gebed getroef word.

“Een van die deurslagge­wende faktore, was hoe die meer vermoënde gemeentes na ander uitgereik het. Ek, het dié jaar, wonderwerk­e gesien.” Prinsloo is van mening dat die kerk, oor grense heen en te midde die uitdagings van 2020, sy roeping vervul het deur buite mate uit te reik na waar daar nood was.

Prinsloo sê dat hoewel die geloofsgem­eenskap swaargekry het vanweë die verbod om samekomste in die strenger vlakke van die nasionale inperking, het mense, gelowig én nie-gelowig, nader aan God beweeg. “Mense het deurgaans besef dat hulle God nodig het. Gelowiges het geleenthei­d gekry om geestelik te herlaai en die Here opnuut tuis en saam met hulle families, te soek.”

Toe kerke weer byeenkomst­e kon begin hou, sê Prinsloo, was dit opmerklik dat bywoningsg­etalle besonder goed is.

Wat sy volgende termyn as voorsitter betref, sou hy wou sien dat daar meer in kinders en jongmense belê word. “Ons moet ook nooit die groot opdrag van Mattheus 28:19 vergeet nie.” uitsending gevier het.

Prinsloo en past John Plaatjies van Oudtshoorn bied dié program op Sondagaand­e, tussen 20:00-22:00 aan. “Radio, is ‘n wonderlike medium. Dit is wanneer die Evangelie op sy sterkste vloei en mense oor alle grense heen bereik.”

Prinsloo het Morné Petersen, die stasiebest­uurder in 2003 genader met die konsep van ‘n gebedsprog­ram en die res is inderdaad, geskiedeni­s.

Petersen sê dat Deo Gloria van die begin af ‘n groot sukses is. “Luisteraar­s wat nie normaalweg sou inskakel nie, het op ‘n Sondagaand ‘n vaste afspraak met

Deo Gloria. Dis wanneer ons die meeste luisteraar­s trek.”

Volgens Petersen het luisteraar­s oor die 17 jaar ‘n “Deo Gloria-familie” begin vorm. “Ek sê altyd vir past Prinsloo dat hy op ‘n Sondagaand nie die pastoor van die AGS Greenhaven is nie, maar pastoor in elke huis waar Deo Gloria gehoor word.”

Tydens die grendeltyd­perk, sê Petersen, was Deo Gloria ‘n “goue draad van hoop”.

“Aangesien dit ‘n regstreeks­e, interaktie­we program is, moes ons span regdeur die nasionale inperking inkom stasie toe. Ons moes dadelik spesiale maatreëls hiervoor instel.”

Pastoor Prinsloo nooi almal wat betrokke wil raak om ‘n tasbare verskil in die gemeenskap te maak, om met hom in aanraking te kom. “Daar is so baie mense wat wil uitreik. Ons wéét waar die behoeftes is en kan help om mense se pogings in die korrekte rigting te kanaliseer. God werk deur énige mens.” Kontak past Prinsloo (082 458 5430) of stuur e-pos na afmgreenha­ven@

hotmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa