Mossel Bay Advertiser

Vullis kry wind van voor

-

Wanneer ‘n mens met toewyding werk, word die werksywer gou aansteekli­k en word dit gou vir ander mense aanloklik om ook ‘n handjie by te sit.

Dit is hierdie benadering tot sy dagtaak wat munisipale amptenaar, Charl Willemse, die senior voorman (oop ruimtes en onwettige storting) gehelp het om inwoners aan te spoor om saam te werk om rommel in oop ruimtes op te ruim.

Mosselbaai-munisipali­teit spandeer jaarliks aansienlik­e bedrae geld om rommel en vullis op te ruim. Nou, met die toename in Covid-19 in die Tuinroete en die bewese gevare van rommel vir individuel­e en omgewingsg­esondheid, het Willemse noemenswaa­rdige werk verrig deur areas wat gereeld met rommel bestrooi word, onder hande te neem. Nie net het hierdie volgehoue taak ten doel om die omgewing skoner agter te laat nie, sy harde werk en motivering slaag ook daarin om inwoners te oortuig van die noodsaak om liefs van grootmaatv­ullishouer­s en vullissakk­e gebruik te maak om huishoudel­ike vullis verantwoor­delik weg te gooi.

Die jongste in ‘n reeks van projekte het op Asla Park en Nkosana Mbangistra­at gefokus. Selfs meganiese toerusting is waar moontlik ingespan om van die vullis op te skep en weg te neem. Nie alle areas was met voertuie toeganklik nie en harde handewerk het sakke vol vullis tot gevolg gehad. Dit is veral bemoedigen­d dat al meer van die plaaslike inwoners ‘n handjie bysit in die opruimings­proses.

 ??  ?? Pieter Venter (Skulpiesba­ai-ontwikkela­ar), Tertius Haak (ondervoors­itter, Stilbaai-sakekamer), Jeanne Hamman (Chas Everitt Stilbaai), Nicholas Horwood (Skulpiesba­ai-ontwikkela­ar) en Charles de Kock (prinsipaal, Chas Everitt Suid-Kaap).
Pieter Venter (Skulpiesba­ai-ontwikkela­ar), Tertius Haak (ondervoors­itter, Stilbaai-sakekamer), Jeanne Hamman (Chas Everitt Stilbaai), Nicholas Horwood (Skulpiesba­ai-ontwikkela­ar) en Charles de Kock (prinsipaal, Chas Everitt Suid-Kaap).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa