Mossel Bay Advertiser

Gepaste afskeid vir Fix se Johan

- Kristy Kolberg

Bykans R9 500 is reeds ingesamel om vir wyle Johan du Preez, 'n bekende hawelose van George, 'n gepaste afskeid te gee.

Dit volg ná André Pieterse, 'n administra­sie klerk by die Life Bay Viewhospit­aal in Mosselbaai, 'n fonds vir Du Preez se verassing deur die BackaBuddy­befondsing­splatform gestig het. Die mikpunt was om R9 000 in te samel om Du Preez plaaslik te veras met 'n gepaste gedenkdien­s. Teen Maandagmid­dag, 30 November, is sowat R9 500 vir hierdie fonds deur weldoeners geskenk.

Du Preez is op 13 November in George-hospitaal oorlede nadat hy drie dae tevore, op

10 November, glo voor 'n Go George-bus ingeloop het.

"Alle donasies word direk deur BackaBuddy aan die diensversk­affer uitbetaal. Ons het 'n baie goeie kwotasie vir 'n verassings­diens ontvang en hoop om Johan binne die volgende paar weke op 'n eerbare wyse te groet," het Pieterse gesê.

Daar is nog geen bevestigde begrafnisr­eëlings in plek nie. Du Preez se liggaam word tans by die eenheid vir forensiese patologie bewaar en kan eers na 'n sekere tydperk deur iemand wat nie familie is nie opgeëis word. Intussen word geld vir sy verassings­diens ingesamel. Op 'n vraag oor hoekom hy graag wil help, het Pieterse die volgende geantwoord: "Ek het Johan 'n paar keer in George op straat met sy hond raakgeloop. Hy was altyd baie vriendelik met 'n innemende persoonlik­heid. Ek het geroepe gevoel om hier betrokke te raak. Die Here het met my gepraat. As dit iemand van my was wat so iets moes oorkom sou ek graag wou hê dat iemand ordentlik van die persoon afskeid neem. Ek is ongelukkig nie in 'n finansiële posisie om dit self te doen nie, anders sou ek. Daarom vra ek hulp."

Du Preez se begrafnisr­eëlings sal eersdaags bevestig word. Diegene wat graag die BackaBuddy-fonds wil ondersteun kan die volgende skakel volg: www.backabuddy.co.za/ champion/project/johan-du-preez

Vir meer inligting kontak Pieterse via WhatsApp by 082 267 7099.

Met Fix gaan dit goed

Du Preez se getroue hond, Fix, het intussen met die hulp van die Tuinroeted­ierebesker­mingsveren­iging (DBV) 'n nuwe tuiste gevind en volgens sy nuwe mensma, Teresa Jardim, gaan dit goed.

Fix en Jardim ken mekaar al 'n paar jaar sedert sy en Du Preez in die middedorp kennis gemaak het. Lees meer hieroor by www.georgehera­ld.com

 ??  ?? Dinsdagmid­dag, 24 November, was die doelwit van R9 000 reeds oorskry.
Dinsdagmid­dag, 24 November, was die doelwit van R9 000 reeds oorskry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa