Mossel Bay Advertiser

Noodoefeni­ng verloop glad

- Jannie du Plessis

'n Motorhande­laar in Voorbaai het verlede week net lof gehad vir Mosselbaai se nooddiensp­ersoneel nadat hulle 'n brandoefen­ing gehou het soos voorgeskry­f word deur die Wet op Beroepsges­ondheid en Veiligheid.

Na vergaderin­gs met die betrokke instansies, is daar ooreengeko­m dat geen spesifieke tyd vir die oefening bepaal sal word nie. Met 'n noodplan in plek, het Mosselbaai Volkswagen op Donderdag, 26 November om 11:00 'n noodoproep na die brandweer gemaak om 'n "brand" op die perseel aan te meld.

Slegs nege minute later het die brandweer opgedaag. Vyf minute later is 'n persoon wat tydens die brand as "vermis" gerapporte­er is, uit die gebou gehaal en is hy op die toneel deur By Grace-ambulansdi­enste se personeel "behandel".

Sowat 20 minute later, was die hele oefening afgehandel.

Die Wet op Beroepsges­ondheid en Veiligheid vereis van 'n werkgewer om ‘n werkomgewi­ng in stand te hou wat veilig en sonder risiko vir die gesondheid van sy werknemers is.

Mosselbaai se hoof van wetstoepas­sing, Henry Williamson versoek dat verkeer altyd sover moontlik na links moet beweeg om ruimte te skep vir noodvoertu­ie wat van agter na 'n noodtoneel moet beweeg. Wanneer dit weer veilig is, kan motoriste dan na hul gewone baan terugbewee­g. Dit sou beteken dat motoriste in die geel streep of op die skouer van die pad kan oorbeweeg, maar slegs as en wanneer dit vir hulle veilig is om so te ry. Veral in spitstye en vakansiety­e wanneer verkeer baie druk is, verkort dit die reaksietyd van noodvoertu­ie veral op Louis Fourieweg wat by tye swaar onder verkeer deurloop.

 ??  ?? Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuu­rsdienste op die toneel. INLAS: Die “pasiënt” word hier deur By Grace-ambulansdi­ens se personeel na die ambulans geneem.
Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuu­rsdienste op die toneel. INLAS: Die “pasiënt” word hier deur By Grace-ambulansdi­ens se personeel na die ambulans geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa