Mossel Bay Advertiser

Oos, Wes, tuis bes

-

Die plaaslike tuinbouklu­b op Riversdal het besluit om onlangs, met hul heel eerste uitstappie na die inperking, plaaslike besighede, kwekerye en tuiniers te ondersteun.

Om dié rede het hulle ook die tema, Local is Lekker! gekies. Die bussie en twee voertuie met die groep tuingeesdr­iftiges het sommer vroeg vanaf die NG Kerk-Wes vertrek.

bussie en twee voertuie. Hul eerste stop was by Essie en Jan Fourie, waar hulle met heerlike eetgoed bederf is en meer van die “Tussie-Mussie” geleer het. E

lkeen het boonop een ontvang om huis toe te neem. Lede kon Essie en haar man se nuwe tuin ontdek en so deel van hul vordering wees en raad oor plante of uitleg gee.

Die tweede stop was by Yvonne Bokkelkamp, waar almal hulle aan die rose verkyk het wat dié tyd van die jaar op hul mooiste is. Al smullende aan heerlike koeksister­s is hulle vort na ‘n plaaslike kwekery, waar hulle die kans geniet het om deur te stap en met nuwe produkte kennis te maak.

Michelle Sharwood op hulle plaas Tir Na N’Og, wat Wallies vir Place of Eternal Youth is, was volgende aan die beurt. Hier het die groep na haar nuwe tuin en “werk in aanvang” gekyk en het weer tee en koffie met soetgoed geniet.

Middagete is by ‘n restaurant en kwekery geniet, waar elke lid ‘n plantjie as geskenk ontvang het. Hier kon hulle weer deur die kwekery stap en al die plante geniet.

Die laaste stop vir die dag was by Annatjie Joubert se lieflike plaastuin. “Dit was duidelik dat ons tuiniers lekker tydens die inperkings­tyd in hul tuine gewoeker het,” vertel Anzette Finnemore. Ook hier is hulle met eet- en drinkgoed bederf.

Die dag is met ‘n groepfoto met al die lede, nuwe lede en genooides afgesluit.

 ??  ?? Op Essie Fourie se stoep is Wilna van Wyk, Marlene Celliers, Zeta Birch (sit by die tafel) en Didi Buhrmann.
Op Essie Fourie se stoep is Wilna van Wyk, Marlene Celliers, Zeta Birch (sit by die tafel) en Didi Buhrmann.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa