Mossel Bay Advertiser

Betty Bangles en Riri Rouge op Mosselbaai

-

As jy lanklaas uit jou maag gelag het dat die trane van vrolikheid oor jou wange rol, moet jy beslis seker maak dat Woensdag, 9 Desember in jou dagboek aangeteken is. Want dan het jy ‘n afspraak met Betty Bangles en Riri Rouge by Anchor Viking Restaurant.

Dié twee, het bekendheid verwerf op Via TV se Betty Bangles en die dossers, die eerste werklikhei­dsreeks oor fopdossers (drag queens) op Afrikaanse televisie wat in 2017 uitgesaai is.

“Ons gaan met elke diva wie se naam al ooit aan die mensdom bekend was, alte heerlik die draak steek. Mosselbaai­ers kan uitsien na ‘n heerlike comedy show wat hulle gaan laat skater,” sê Betty Bangles.

Betty Bangles sien verskrikli­k daarna uit om in Mosselbaai te kom optree. “Ek was nog nooit in Mosselbaai nie en kan nie wag om die platteland­se gehoor te vermaak nie.” Tydens ‘n onlangse toer in die platteland, sê Betty Bangles onomwonde dat platteland­ers die beste gehoor maak.

Kaartjies na die vertoning kos R275 per persoon en sluit die vertoning asook eetgoed (platters) in. Indien jy ‘n tafel vir jou ondernemin­g se jaarafslui­ting sou wou bespreek, is die koste R2 500 per tafel vir ‘n groep van 10 persone. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kan aanlyn gekoop word by https://www.quicket.co.za/ events/123803-betty-bangles-comedynigh­t/?preview=t

Anchor Viking is by Blandstraa­t 23 geleë. Kontaknomm­er vir meer inligting: 044 691 2570

“Jy kan gerus opdress as jy graag wil, maar dis nie ‘n voorvereis­te vir die vertoning nie. Daar word wel 'n prys gegee vir die Best Dressed Diva,” nooi Betty Bangles. “Maak jou gereed vir baie pret.”

 ??  ?? Riri Rouge
Riri Rouge
 ??  ?? Betty Bangles
Betty Bangles

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa