Mossel Bay Advertiser

Kinderkoor gaan hemele laat juig

-

Die "hemele gaan juig" op Saterdag, 12 Desember wanneer die Suid-Kaapkinder­koor (SKKK) saam met Corlea Botha en Jannie Moolman by die derde Klassieke Klein Karoo Kersfees gaan optree.

Dié konsert vind elke jaar op Celebratio plaas, 'n uitvoer-granaatpla­as buite Oudtshoorn. Meer as die helfte van die kaartjies is reeds verkoop en dit beloof om die perfekte manier te wees om die feestyd af te skop en in die Kersfeesst­emming te kom.

Volgens die dirigent van die SKKK, JanErik Swart, het hulle reeds vir die konsert begin repeteer. “Ons is geweldig opgewonde om deel van hierdie produksie te wees aangesien dit, as gevolg van die Covid-19grendelt­ydperk, ons eerste gesamentli­ke konsert hierdie jaar gaan wees."

"Ek sien uit na 'n groot kuier in die ope lug onder al die derduisend­e sterre van die KleinKaroo. Die byvoeging van die kinderkoor gaan die konsert selfs meer spesiaal maak. Ek dink die hemele gaan juig wanneer hulle begin sing," vertel Corlea.

Dit is die eerste keer dat die SKKK deel van die vertoning is. Die koor, bestaande uit kinders van 13 skole uit Knysna, George, Hartenbos, Mosselbaai en Ladismith, spog met 'n lang lys toekenning­s waarvan die eerste prys (cum laude) by die 64ste Muziekfest­ival voor die Jeugd in België die mees onlangse is.

Volgens Corlea wil hulle met dié konsert die Here se naam grootmaak en die storie vertel waaroor Kersfees werklik gaan.

"Dit gaan nie oor tafels wat kreun van die kos en hope aardse geskenke nie. Ons het almal 'n verskrikli­ke jaar agter die rug en ek dink om by mekaar te kan kom en saam die Kerstyd te kan vier is die beste geskenk wat 'n mens kan ontvang. En dan natuurlik die geskenk van musiek."

Sy sien ook daarna uit om nie net met agtergrond­musiek te sing nie, maar met die begeleidin­g van 'n klein simfonie-orkes bestaande uit "wonderlike musikante".

Hoewel die gewildste Kerslieder­e steeds op die program is, is daar ook vanjaar heelwat nuwe liedjies en verwerking­s om na uit te sien. Konsertgan­gers kan uitsien na Kerslieder­e soos Stille Nag, Jerusalem en Holy Night/Dis Kersfees, asook ander klassieke treffers.

Die koor en soliste word deur die Stellenbos­ch-stadsorkes, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenberg begelei.

Die konsert begin om 19:30 en die kos- en wyn-stalletjie­s is reeds van 18:00 af oop. Plaaslike restaurant­e en wynkelders sorg vir iets te ete en te drinke voor die vertoning, asook tydens pouse.

Kaartjies

Weens Covid-19-maatreëls is slegs 500 kaartjies vir die vertoning beskikbaar. Bespreek dus vroegtydig om teleurstel­ling te voorkom. Kaartjies kos tussen R200 en R220 en is aanlyn beskikbaar op www. celebratio.co.za of by Postnet se kantoor in Oudtshoorn. Dit is alles gereservee­rde sitplekke op stoele.

Die plaas is 30km buite Oudtshoorn, rigting Calitzdorp en geen grondpaaie hoef gery te word nie.

Vir meer inligting kontak Gerhard Meyer (082 802 7138).

 ??  ?? Lede van die Suid-Kaap-kinderkoor in aksie tydens ‘n vorige optrede.
Lede van die Suid-Kaap-kinderkoor in aksie tydens ‘n vorige optrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa