Mossel Bay Advertiser

‘Neem pandemie ernstig op’

-

Jerome Meyer, Mosselbaai:

Ek wil graag my Covid-19-ondervindi­ng met ons lesers deel met die oog om 'n impak te maak op die traak-my-nie-agtige houding van sommige inwoners jeens die pandemie.

Ek het die naweek van 15 en 16 Augustus onophoudel­ik begin hoes en het kouekoors met 'n lyfseer ontwikkel. Maandag, 17 Augustus is ek na Asla-kliniek vir 'n Covid19-toets waar ek baie profession­eel deur sr J Manual ondersoek is. Ek het myself in isolasie geplaas terwyl ek gewag het op my uitslag. Woensdag, 19 Augustus ongeveer 08:00 het ek 'n SMS ontvang dat ek positief is.

Ek het vanaf 17 Augustus baie siek geword en het baie vinnig my eetlus, sowel as my smaak verloor. Dit, dink ek was een van die redes dat ek so vinnig agteruitge­gaan het. Ek kan ook noem dat ek vir die afgelope 15 jaar 'n tipe 2 diabeet is wat dinge nog erger gemaak het. Vanaf 19 Augustus het ek asemhaling­probleme begin ondervind. Op 21 Augustus het my toestand so versleg dat ek met die hulp en bystand van sr Pedro Meyer met die ambulans tot by Mosselbaai provinsial­e hospitaal geneem is, waar dr Pretorius my deeglik ondersoek en laat opneem het.

Dokter Pretorius en die saalsuster­s by die Covid-19-eenheid, tesame met ander personeell­ede het baie profession­eel en fluks opgetree om my en ander Covid-19-pasiënte se hospitalis­asie so gerieflik as moontlik te maak.

Ek was daagliks op kortisoon en nog ander behandelin­g tot ek so goed herstel het en sonder suurstofhu­lp kon klaar kom. Ek is op 27 Augustus ontslaan, maar nie sonder enige kwale. Ek het tans 'n probleem met my linkerlong en kry af en toe kortisoonb­ehandeling daarvoor. Ek het ook gedurig hartkrampe ervaar, maar gelukkig was die laaste EKG skoon.

Ek wil met hierdie skrywe die gemeenskap in die oorgrote Mosselbaai maan om hierdie pandemie ernstig op te neem en nie te leef asof dit nie bestaan nie. Dit is onaanvaarb­aar hoe mense nog sonder maskers in die gemeenskap loop, geen sosiale afstande behou nie en verby sanitasieg­eriewe stap. Ek was gelukkig om dit te oorleef, maar daar is diegene, veral mense na aan my wat gesterf het as gevolg van die pandemie.

Ondersteun­ingbasis, veral nabye familie is belangrik, want behalwe die feit dat jy daar lê vir Covid-19 is daar ook 'n ander vyand... depressie wat net die mat onder jou wil uittrek. Ek het dus baie lof vir my vrou Linette, dogter Kylie, my ouers, broer Calvin, suster Lorraine en haar dogter en skoonseun vir hul onbaatsugt­ige bystand en ondersteun­ing.

Veilig bly en laat ons gehoorsaam wees aan die Covid-19-regulasies in ons eie belang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa