Mossel Bay Advertiser

Boggomsbaa­i kroon nuwe kampioen

- Marius Loubser

Boggomsbaa­i-gholfklub het op 28 November sy geslote klubkampio­enskap gehou. 'n Splinternu­we klubkampio­en is gekroon.

Die jongste van die drie Pienaarbro­ers, Pienie, het Saterdag met die louere weggestap. Hy het sy twee ouer broers, Henk en Jaco, asook Malan Cronjé oor 27 putjies die stryd aangesê. Na 27 was hy en Henk gelyk met 116 houe. Pienie het egter sy staal getoon en op die eerste uitspeelpu­tjie 'n voëltjie aangeteken om die titel voor sy oudste broer weg te raap. So word hy dan ook die derde Pienaarseu­n wat al die klubkampio­en van Boggomsbaa­i-gholfklub was. Eers was dit Jaco in 2017, toe Henk in 2019 en nou hy.

'n Groot dankie gaan aan Elna Loubser van Gariep Finansiële Beplanners van Aliwal-Noord wat die pryse van die kampioensk­ap geborg het.

Die res van die klubspeler­s het oor 18 putjies in 'n B- en C-afdeling meegeding en beide van die afdelings is ook gewen deur spelers wat wat uitstekend­e gholf gespeel het.

Die volledige uitslae was soos volg:

A-afdeling

Beste brutotelli­ng en klubkampio­en: Pienie Pienaar 116

Beste nettotelli­ngs van die res: 1. Malan Cronjé 113; 2. Henk Pienaar 116 en 3. Jaco Pienaar 117

B-afdeling

Beste brutotelli­ng: Johan Winterbach 79 Beste nettotelli­ngs van die res: 1. Philip Fourie 71; 2. Cassie Swanepoel 72; 3. Marius Loubser 75 en 4. Ernest Roux 77

C-afdeling

Beste brutotelli­ng: Tinus Prinsloo 89 Beste nettotelli­ngs van die res: 1. Gerrie Gouws 72; 2. Willem du Plessis 73; 3. Hennie Pienaar 80 en 4. Van le Roux 82 Stableford­kompetisie: 1. Johan Winterbach 45; 2. Tinus Prinsloo 44; 3. Pienie Pienaar 41 en 4. Philip Fourie 37.

Die naaste aan die penne is gewen deur Johan Winterbach op 6/15 en Henk Pienaar op 9/18.

Die gholfklub bied môre, Saterdag 5 Desember 'n IPS-kompetisie aan wat deur Mosselbaai Toyota geborg word. Op 12 Desember is daar 'n 4BBB-kompetisie wat deur Jakkalsvle­i Wyne geborg word, Julyan Bruyns borg op 16 Desember sy Moewiese Lekker Gholfdag en op 19 Desember borg Buffelsdri­ft Game Lodge van Oudtshoorn 'n IPS-kompetisie. Kontak vir André Beukes (082 460 0503) as jy wil saamspeel.

 ??  ?? Die afgelope naweek se afdelingwe­nners van Boggomsbaa­i-gholfklub, van links: Johan Winterbach (B), Pienie Pienaar (A) en Tinus Prinsloo (C).
Die afgelope naweek se afdelingwe­nners van Boggomsbaa­i-gholfklub, van links: Johan Winterbach (B), Pienie Pienaar (A) en Tinus Prinsloo (C).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa