Mossel Bay Advertiser

Senior troef jonges

- Gholfer

Mosselbaai-gholfklub se jaarlikse klubkampio­enskap is gedurende die afgelope naweek afgehandel. Op Saterdag 28 November het die eerste ronde plaasgevin­d.

Ongelukkig kon van die klub se top spelers soos Martin Vorster (klubkampio­en 2019) en Jordan Duminy (klubkampio­en 2018) as gevolg van ander verpligtin­ge nie deelneem nie. Bogenoemde het gesorg dat die kampioensk­ap wawyd oop gelaat is en ‘n nuwe kampioen gekroon sou word. Heerlike reënweer kon nie die entoesiasm­e van die 84 spelers demp nie.

Hendrik Kriek (voorgee 6) het vroeg die pas aangegee. Kort op sy hakke was een van ons belowende juniors, Stiaan Stander (voorgee 3) op 74

houe. Die 64-jarige, Chris van den Berg (voorgee 1) het ‘n vroeë waarskuwin­g aan sy mede-spelers gerig en op 75 houe was hy goed geplaas vir die finale rondte.

Sondag, 29 November het die spelers in heerlike, sonnige weer afgeslaan. Die ervare Van den Berg het met bestendige en akkurate spel sy

teenstande­rs onder groot druk geplaas. Hy teken ‘n tweede rondte telling van 72 houe aan. kriek en die 16-jarige Stander het moedig teruggeveg, maar met ‘n totaal van 147 houe is Van den Berg as 2020 se klubkampio­en gekroon. Stander en Kriek het op 150 houe onderskeid­elik tweede en derde geëindig. Jurgen Bosman het op 139 houe die A-afdeling se netto-wenner geword.

In die B-afdeling het André Middel sy vernuf ten toon gestel en op 166 houe het hy koning gekraai. Chris Barnard en Kosie Otto het moedig probeer, maar op 171 houe het hulle onderskeid­elik tweede en derde geëindig. Die netto-wenner was Roelof Engelbrech­t op 135 houe.

Joe Luggen het die C-afdeling op ‘n skitterend­e 76 punte gewen. Gert Pieterse (71 punte) was tweede en die klubpresid­ent, Martin Smith (65 punte), in die derde plek.

Van den Berg (147 houe) was ook die kampioen in die senior afdeling (50 jaar en ouer). Die naaswenner was Wouter Kotzé op 160 houe.

Die Veterane-afdeling (70 jaar en ouer) is deur die immergroen Dawid Gerber (166 houe) gewen nadat hy die uittelpros­es teen Martiens Mulder oorleef het.

Hartlike dank en waardering gaan aan die jarelange borge, Len Strauss, Christoff Booysen en Johan Strauss van Strauss Booysen Associates.

Julle lojale borgskap word hoog op prys gestel.

 ??  ?? Die borge saam met die onderskeie wenners is van links: J Luggen (kampioen C-Afdeling), D Wessels (brons medalje), L Strauss (borg), C van den Berg (klubkampio­en en senior kampioen), D Gerber (veterane kampioen), S Ferreira (vroue kampioen), A Middel (kampioen B-afdeling) en J Strauss (borg).
Die borge saam met die onderskeie wenners is van links: J Luggen (kampioen C-Afdeling), D Wessels (brons medalje), L Strauss (borg), C van den Berg (klubkampio­en en senior kampioen), D Gerber (veterane kampioen), S Ferreira (vroue kampioen), A Middel (kampioen B-afdeling) en J Strauss (borg).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa