Mossel Bay Advertiser

Die Hun is nog met ons

- Selwyn Hermanus, Mosselbaai:

Chris Barnard, die literator en nie die medikus nie, het in sy boek genaamd Chriskras bogenoemde aangeraak. Syns insiens is ons, die gewone burgers, skandelik uitgelewer aan die knersende wiele van die staat, groot korporasie­s of alle organisasi­es wat in donker kamers en in die donkerte planne prakseer.

Chris noem onder andere dat jy een oggend in 'n gemoedelik­e stemming afsit na die poskantoor om 'n pakkie daar te gaan afhaal. Niksvermoe­dend dat die Hun agter die toonbank slaggereed is om jou gemoedelik­e stemming in die grond te vertrap. Jou ID word gevra en jou getekende strokie word gevra. Geen problem. Jy skuld X-bedrag vir die afhaal. Gelukkig het jy geld op jou.

Jy is by die verkeerde adres. Hierdie soort pakkies word elders in die dorp afgehaal.

Chris, jy weet nog niks. Dis niks in vergelykin­g wat ons moet deurmaak vandag nie. Kom ons neem 'n eenvoudige saak soos om jou motorlisen­sie te hernu. Ons sluit vir eers die probleme van Covid-19 uit.

'n Familielid het onlangs syne moes vervang. Hy ry toe uit Mitchell's Plain uit na Parow, want in die Plain sou hy twee keer in die dieselfde ry moet staan om dalk dan die derde dag gehelp te word.

Hy is sewe-uur die oggend agter in 'n lang ry, in die son voor Parow-munisipali­teit. Geduldig, gedienstig, gedwee. Geen stoel of sitplek of koelte nie.Voetjie per voetjie vorentoe. Om eers teen eenuur gehelp te word.

Mensig, dis nou 'n allemintig­e vorm van deursettin­gsvermoë.

Nou wonder ek maar net: kan hierdie proses nie maar gedesentra­liseer word nie, sodat mens hierdie lisensies ook maar by afdelingsw­inkels kan koop, of by die poskantoor? Ons het dit mos op 'n kol so gedoen. Wat dit nog erger maak is dat die motoreiena­ar self in die ry moet staan. Dan moet hy 'n magdom dokumente toon wat niks met die motor self te doen het nie. Bewys van jou adres, jou ID, ens. Geen wonder hulle vra nie nog bewys van jou siektes nie en ook van jou voorouers nie. Dalk kom dit nog.

Niemand lig jou vooraf hiervan in nie. Die inligting is glo alles op die elektronie­se media. Bid dit jou aan! Ek reken nie mense in die plakkerska­mp en ander arm woonbuurte is hieroor geraadplee­g nie. Wie gee dan ook vir hulle om? Skandalig, mnr die Hun! Ek wonder hoe hierdie deurlugtig­es hulle eie lisensies bekom. Beslis seker nie in die lang toue nie. Ons kan mos maar 'n ekstra R10 daarvoor betaal. 'n Direkteur kan in hierdie tyd duisende rande vir ons ekonomie verdien. Geen wonder ons land se ekonomie struikel so nie.

Hierdie is maar net my beskeie mening.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa