Mossel Bay Advertiser

Wind maak moles op gholfbaan

- Marius Loubser

Die Boggomsbaa­igholfklub is op 10 Oktober 1984 in gebruik geneem na 'n klompie boere, 'n paar geleerdes en 'n paar sakemanne die gedagte om 'n gholfbaan te bou werklikhei­d laat word het.

Fanie Janse van Vuuren, eienaar van Mosselbaai Toyota, het ingeskop met 'n borgskap vir die opening en so het die paadjie tussen Mosselbaai Toyota en die Boggomsbaa­i-gholfklub begin. 'n Verhouding wat hierdie jaar sy 36ste herdenking gevier het met Mosselbaai Toyota wat verlede Saterdag weer op Boggoms geborg het.

'n Heerlike somersogge­nd het in 'n winderige affêre verander en die spelers se eerste en tweede nege se tellings toon dan ook die nadelige invloed van die wind.

Die volgende spelers het die beste gevaar in die Individuel­e Stableford­kompetisie:

1. Chris Feiertag 39; 2. Johan Winterbach 38; 3. Bennie Pienaar 37; 4. Erich Hough 36;

5. André Beukes 36; 6. Gerrie Gouws 35; 7. Ernest Roux 34 en 8. Hennie Pienaar 34.

Naaste aan die penne is gewen deur Gerrie Gouws op 6/15 en André Beukes op 9/18. Jaco

Pienaar wen die naaste aan die pen vir twee houe op nommer 1/10.

Boggomsbaa­i se gholfbaan lyk baie mooi en spelers van die omgewing word genooi om te kom inskakel by die verdere borgdae gedurende die feesseisoe­n.

Eerskomend­e Saterdag, 12 Desember, borg Jakkalsvle­i Wyne 'n 4BBB-kompetisie, op Woensdag, 16 Desember bied Julyan Bruyns 'n IPS-kompetisie aan en op 19 Desember bied Buffelsdri­ft Game Lodge 'n IPS-kompetie aan. Supa Quick van George bied op 9 Januarie ook 'n IPS-kompetisie aan. Die gholfbaan is elke dag oop vir besoekers.

Kontak vir André Beukes (082 460 0503) vir navrae.

Tydens die laaste SuidKaap Sagesbyeen­koms van die jaar ding die spelers mee om die Bertus Louw-trofee en die persoon wat met die trofee wegstap, is die nie-amptelike individuel­e kampioen van die jaar.

Dié eer kom in hierdie vreemde jaar die Mosselbaai­er, Kwartus Sieberhage­n, toe. Hy het op Dinsdag, 1 Desember loshande voor geëindig toe 46 spelers op Riversdal saamgetrek het om mekaar die stryd in 'n individuel­e Stableford­kompetisie aan te sê.

Michele Sharwood en haar helpers, Estie en Katie het die spelers is op 'n heerlike ontbyt by die Riversdal-gholfklub trakteer. Riversdal se gholfbaan is in 'n pragtige toestand en Nel Mulder en sy span moet voorwaar krediet vir hul harde werk kry om die baan voor te berei.

Die volgende spelers het die beste gevaar

1. Kwartus Sieberhage­n 40 (Mosselbaai en nuwe houer van die Bertus Louw-trofee); 2. Nel Mulder (Riversdal) 38; 3. Grové Koch (Riversdal) 38; 4. Rodney Page (Stilbaai) 37;

5. Bennie Pieterse (Mosselbaai) 37; 6. Celia Hart (Stilbaai) 35; 7. Pinoc Jacobs (Stilbaai) 35; 8. Denzil Geldenhuys (Riversdal) 35.

Naaste aan die penne, soos altyd geborg deur JC Slagtery van Riversdal, is deur Cassie Swanepoel van Boggomsbaa­i op nommer 8 en Mariaan Loots van Mosselbaai op 4/13 gewen. Spogtwees is deur Denzil Geldenhuys en Grové Koch van Riversdal en Wessel de Bruyn van Stilbaai behaal.

By dieselfde geleenthei­d het die Suid-Kaap Sages ook hul algemene jaarvergad­ering gehou en is nog 'n Mosselbaai­er, Nic Marais tot die nuwe voorsitter verkies. Grové Koch, wat vir vier jaar die leiding geneem het is die nuwe ondervoors­itter.

In sy laaste voorsitter­sverslag het Koch die spelers vir hul goeie bywoning van die Sagessaamt­rekke bedank en ook die ruimhartig­e bydrae wat hulle elke jaar tot Kansa maak. Selfs in hierdie Covidjaar het die Suid-Kaap nog steeds daarin geslaag om R8 300 vir Kansa in te samel. Nog 'n hoogtepunt in 2020 was die goeie oorwinning wat Suid-Kaap voor Covid oor Outeniekwa behaal het met die Stigtersbe­kerkompeti­sie.

In November het die Suid-Kaap Sages ook 'n skenking van R3 000 aan die Erfenisfon­ds op Vleesbaai gemaak. Die fonds is na die dood van Nelson Mandela gestig en het as doel om behoeftige gesinne by te staan.

2020 was natuurlik by uitstek 'n jaar wat hom daartoe geleen het as gevolg van Covid-19 met baie families wat swaargetre­k het toe werksgelee­nthede opgedroog het. Hulle kon dus, ook met die hulp van baie huiseienaa­rs op Vleesbaai, families dwarsdeur die groot impaktyd van die pandemie bystaan om kos en komberse te kry.

Die Sagesprogr­am vir 2021 is klaar opgestel en daar word op 19 Januarie afgeskop met 'n 4BBB-kompetisie op Riversdal.

 ??  ?? Wenners die Mosselbaai Toyota-borgdag: André Beukes (5de), Chris Feiertag (1ste), Johan Winterbach (2de en Toyota), Ensona Winterbach, Val-Jean Erasmus (Toyota) en Gawie Maritz (Toyota). Voor Bennie Pienaar (3de) en Erich Hough (4de).
Wenners die Mosselbaai Toyota-borgdag: André Beukes (5de), Chris Feiertag (1ste), Johan Winterbach (2de en Toyota), Ensona Winterbach, Val-Jean Erasmus (Toyota) en Gawie Maritz (Toyota). Voor Bennie Pienaar (3de) en Erich Hough (4de).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa