Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­er maak sportgeski­edenis

- Cornelle Carstens

Shireen Noble is verlede Saterdag, 8 Mei aangewys as die eerste vrou in SuidArikaa­nse geskiedeni­s om die amp van vise-president by Atletiek Suid-Afrika (ASA) te beklee.

Die aankondigi­ng is tydens die organisasi­e se algemene jaarvergad­ering in Johannesbu­rg gemaak.

In 'n telefonies­e onderhoud met die Mossel Bay Advertiser hierdie week, het Noble gesê dat die gedagte aan so 'n hoë pos nog nie heeltemal ingesink het nie.

"Ek is 'n plat op die aarde mens, 'n titel gaan my nie verander nie."

Sy het bygevoeg dat haar nuwe pos ook nie net in haar skoot geval het nie. "Ek het gewerk daarvoor," het sy gesê.

Noble het vertel dat sport dik in haar familie, beide aan moeders- en vaderskant se bloed loop. Haar pa is die bekende oudSARU-rugbyheld, David Smith.

Sy het egter die sport administra­sie pad gekies, skerts sy. En dit is iets waarin sy haar beslis onderskei het.

Noble het vir meer as 20 jaar in verskeie portefeulj­es by SWD Krieket diens gedoen. In 2004, met die vestiging van vrouekriek­et in die streek, word sy die eerste voorsitter van SWD Vrouekriek­et. Sy gooi ook haar gewig by die ontwikkeli­ng van mini-krieket vir skole in.

Tans, dien sy steeds op SWD Krieket se transforma­sie komitee.

Wat die pad vorentoe betref meen Noble dat sy dinge wil sien gebeur.

“Ek wil veranderin­g sien en dat die planne wat ter tafel gelê word, uitvoerbaa­r moet wees.

“Deursigtig­heid is vir my baie belangrik, my lewe hang letterlik daarvan af.”

Omdat sy gewoond is daaraan om doelwitte aan haarself te stel, wil sy sien at ASA ook hulle teikens bereik.

Dít glo sy, is haalbaar deur eenheid en samewerkin­g binne die bestuur.

Aan vroue in sportbestu­ur en -administra­sie sê sy dat daar wel vir hulle 'n definitiew­e toekoms is.

Haar mening is dat vroue en mans in die wêreld van sport administra­sie beslis op gelyke veld kan uitdaag.

"Ken jou sportkodes se reëls en bly op hoogte van veranderin­g."

Sy bedank haar komvandaan, Mosselbaai vir hulle goeie wense en ondersteun­ing.

"Ek sal julle nie teleurstel nie.

Ek weet wat ek wil bereik."

 ??  ??
 ??  ?? Shireen Noble
Shireen Noble

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa