Mossel Bay Advertiser

‘Mosselbaai se Mandela’ eindelik vry

- Cornelle Carstens

Nicklo Pedro, die struggle-veteraan het sy stryd teen kanker verloor. Pedro (54), is op Saterdag, 8 Mei in die sorg van sy vrou, Jacqueline oorlede. In ‘n persverkla­ring uitgereik deur die ANC van die Wes-Kaap, is na Pedro verwys as “the people’s soldier and one of the brightest flowers of the revolution”.

Hy is gewerf deur Umkhonto we Sizwe (MK) tydens sy regstudies aan die Universite­it van Wes-Kaapland. Terwyl hy van die veiligheid­spolisie gevlug het, is hy in Augustus 1987 naby die Lesotho-grens in hegtenis geneem. Hy is teruggenee­m na Kaapstad waar hy aan die onmenslike marteltegn­ieke van ao Jeffrey Benzien onderworpe was.

Sy verhoor, saam met 15 ander MK-soldate het in 1998 die Kaapse hooggeregs­hof begin en 65 dae lank geduur. Op 14 Desember 1988, is hy tot 14 jaar tronkstraf plus ‘n verdere 10 jaar, opgeskort vir vyf jaar gevonnis.

Hy het sy vonnis op Robbeneila­nd uitgedien en is in May 1991 vrygelaat.

Onthou

Familie en nabye vriende het vandeeswee­k die man wat hulle beskou as “Mosselbaai se Mandela” onthou.

Dexter Brinkhuis sê dat enige vorm van onreg vir sy vriend onaanvaarb­aar was. Pedro se enigste oorlewende broer, Roderick vertel dat hulle as kinders danksy hulle ma se gemeenskap­sbetrokken­heid as verpleegku­ndige en stigtersli­d van SANTA op Mosselbaai, eerstehand­s met die tipiese ongelykhed­e Suid-Afrika te doene gekry het.

“Dit was ‘n groot dryfveer in sy lewe en politieke loopbaan.”

Volgens ‘n niggie en oudklasmaa­t, Melita Brinkhuis, was Pedro op hoërskool reeds ‘n vurige politieke aktivis. “Hy het ‘n ongeloofli­ke intellek gehad, jy kon na hom luister. Hy’t mense met hom saamgeneem."

Lenise Hendricks, ook 'n jarelange vriendin, het vir Pedro skoolgehou. “Hy het my altyd van die allerbeste raad bedien. Hy was my 'privaat prokureur'."

‘n Hoogtepunt vir haar was toe hy in 2020 kort voor die Covid-19-inperking, sy lewensverh­aal met leerders van sy alma mater, Hoërskool Sao Bras tydens 'n praatjie kon deel.

Diensbaar

Na sy vrylating is Pedro versoek om by die Suid-Afrikaanse Weermag aan te sluit. In 1995, keer hy terug na Mosselbaai om te dien as munisipale raadslid.

Hier dien hy onder meer saam met Michael Carelse, die eerste bruin burgemeest­er van Mosselbaai.

"Ons was maar jonk en onervare om Mosselbaai te verander van wat dit voorheen was, maar het ons merk gemaak."

Carelse reken dat al die raadslede van daardie tyd min erkenning kry vir hulle bydrae tot veranderin­g.

“Ons het Visie 2030 help formuleer, onder meer om toerisme as ‘n trekpleist­er te ontwikkel. Nicklo was baie skerp. Hy kon net enigeen argumentee­r."

Wayne Jordaan, wat saam met Pedro in die Lesley Crotz-tak van die ANC gedien het, noem hom ‘n gemeenskap­smens by uitstek.

“Hy sou homself tekort doen vir ander. Hy was nog in die tuig tot op die einde. "

Vir Jordaan was Pedro se uitstaande kwaliteit, ten spyte van sy stryd as vryheidsve­gter, sy gawe vir rekonsilia­sie.

Pedro het hom ook bewyer vir aksie teen geslag s gebaseerde geweld, die dwelmmisbr­uik krisis, asook armoedever­ligting.

Hy was drie jaar met Jacqueline getroud. “Nicklo het my van ware humanity kom leer.” Hulle het ‘n besonderse liefde gedeel.

Nicklo Pedro laat sy vrou, Jacqueline, haar kinders, drie kinders uit ‘n vorige huwelik, twee kleinkinde­rs, ‘n broer en ‘n suster agter.

Hy word op 22 Mei begrawe. *Lees meer aanlyn by www.mosselbaya­dvertiser.com

 ??  ?? Wyle Nicklo Pedro
Wyle Nicklo Pedro

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa