Mossel Bay Advertiser

Hael- en reënskade spel nóg onweer vir Gouritsmon­ders

- Cornelle Carstens

Woensdag, 5 Mei is ‘n dag wat Gouritsmon­ders nie gou sal vergeet nie. Verpletter­ende haelkorrel­s het omstreeks 12:00 vir ongeveer ‘n halfuur op die kusdorpie neergeval, gevolg deur swaar reënval en massiewe skade is aan etlike huise veroorsaak.

Foto’s en videos van die stormskade het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. ‘n Nuusbrokki­e wat op die

Mossel Bay Advertiser se Facebookbl­ad kort na die storm geplaas is, is tot op hede aan 267 450 sosiale media gebruikers bedien en het 44 208 interaksie­s gehad. Die foto’s en videomater­iaal is 1 600 keer via Facebook gedeel en dit het kommentaar van nagenoeg 200 persone uitgelok.

180mm

‘n Inwoner van Seesigweg, De Waal Carstens wat sedert 1985 ‘n huis op Gouritsmon­d besit, is 180mm reën in die 24 uur periode van Woensdag na die storm tot Donderdag, 6 Mei gemeet. Haelkorrel­s so groot en groter as gholfballe is rondom huise opgetel.

“Dit het soos kanonvuur geklink,” vertel ‘n inwoner van Mosselkrak­erstraat. Namate die storm bedaar het, is al meer berigte ontvang van massiewe binnenshui­se skade aan plafonne, kaste, meublement en klerasie.

Mosselbaai­se boukontrak­teur, Kosie Gericke berig dat hy sy eerste oproep na die storm omstreeks 14:00 van ‘n huiseienaa­r in Kusweg ontvang het.

“Ek het my manne op ander persele gaan haal en Gourits toe gejaag om noodherste­lwerk te doen. Dakplate het afgewaai en daar was baie gate orals in dakke.”

Sommige wonings se ruite is stukkend geslaan.

“In die haas om beskadigde dakke toe te kry is enige vorm van waterdigti­ng gebruik. Selfs swart plastiekse­il is oor dakke getrek en met klippe vasgepak. Kontrakteu­rs het links en regs dakke reggemaak. Dit het gewemel op Gourits.”

Twee van die dakke waaraan Gericke gewerk het, het onder meer 194 gate en 89 krake, ‘n ander weer 124 gate en 59 krake.

Marlin Jansen, stigter en voorsitter van die Gouriqua Developmen­t Foundation berig dat 24 huise in Bitouville erge skade het. Meeste hiervan, het nog asbesdakke.

“Ons het hulp aan veral bejaardes verleen. Daar is innoverend opgetree om te probeer keer dat die reën verdere skade veroorsaak.” Jansen het ‘n oproep om skenkings gedoen, aangesien lede van die gemeenskap nie oor korttermyn­versekerin­g beskik nie.

Waterkrisi­s

Die watertoevo­er op Gouritsmon­d is Saterdag, 8 Mei gestaak. Vanweë die storm is die waterkwali­teit van die waterbron wat rouwater aan Gouritsmon­d se wateraanle­g voorsien, beïnvloed. Die reservoir is leeggetap, skoongemaa­k en weer opgevul. Water is by wyse van tenks op strategies­e punte aan inwoners verskaf.

Die watervoors­iening het Dinsdag, 11 Mei weer na normaal teruggekee­r.

Verskeie Gouritsmon­ders is genoop om vanweë die skade aan hulle huise te ontruim en stoorplek vir hulle huisraad te vind. Berigte is ook ontvang dat inwoners baie getraumati­seerd is na die gebeure.

Asbeskrisi­s

Huis- en besigheids­eienaars staar nuwe kommer in die gesig in terme van die regulasies soos uitgevaard­ig in November 2020 deur die minister van indiensnem­ing en arbeid wat handel oor die hantering van asbes. Hiervolgen­s mag slegs geakkredit­eerde kontrakteu­rs asbes verwyder, wat kan meebring dat daar ‘n verdere koste-implikasie vir die eienaars van beskadigde eiendomme kan wees. Herstelwer­k kan ook vertraag word aangesien die nodige goedkeurin­g eers voor verwyderin­g moet plaasvind.

Org Niewoudt, sakeman van Gouritsmon­d het sy kommer hieroor uitgespree­k. As voorsitter van die Gouritssam­breeliggaa­m, bestaande uit vier gemeenskap­sorganisas­ies meen hy dat die gemeenskap as rampslagof­fers tegemoet gekom moet word. “Ons voel dat die owerhede vir die asbesverwy­dering in rampomstan­dighede moet betaal.”

By navraag aan Hessequa-munisipali­teit oor in welke mate die plaaslike regering die verwagte las op inwoners ligter kan maak, is die volgende kommentaar by monde van die woordvoerd­er, Didi Budricks ontvang: “Die regulasies maak nie voorsienin­g vir enige vrystellin­g (exemption) nie.” Volgens die wetgewing moet asbeswerke wat as tipe 2- en 3-asbeswerke beskou word, deur ‘n geregistre­erde asbeskontr­akteur gedoen word nadat goedkeurin­g deur die hoofinspek­teur gekry is.

Volgens die jongste inligting ontvang van ‘n betroubare bron op Gouritsmon­d, is ‘n aansoek om vergunning en/of kwytskeldi­ng van asbesverwy­deringskos­tes deur die burgemeest­erskantoor aan minister Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing gestuur. Daar is ook sprake van die ontwikkeli­ng van ‘n oorhoofse asbesverwy­deringspla­n vir die geaffektee­rde strukture. Navrae is ter bevestigin­g hiervan is teen druktyd aan die Hessequa-munisipali­teit gestuur en terugvoeri­ng word ingewag.

 ??  ?? Water het deur baie van die huise gestroom.
Water het deur baie van die huise gestroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa