Mossel Bay Advertiser

Gemeenskap raadop met binnelands­e sake-moles

- Cornelle Carstens

Gefrustree­rde lede van die gemeenskap het opnuut hulle monde op sosiale media uitgewas aangaande hul frustrasie­s om persoonlik­e dokumente by die plaaslike departemen­t van binnelands­e sake te bekom.

Van die klagtes sluit in dat daar dikwels ure lank in lang toue gewag moet word, net om onverrigte­rsake tuiswaarts te keer omdat die stelsels glo van lyn af is. Onder die kommentaar gelewer op ‘n Facebookin­skrywing wat verlede week gemaak is, word te kenne gegee dat daar persone is wat sedert Desember al sukkel om hul dokumentas­ie te bekom.

Die Mossel Bay Advertiser het ook verlede week weer opnuut telefonies­e klagtes ontvang oor die toedrag van sake by die plaaslike kantoor.

“Ons was al sewe tot agt keer daar, net om te hoor die stelsel is van lyn af,” het ‘n inbeller van Danabaai gekla.

Die Mosselbaai-munisipali­teit het na aanleiding van die navrae, namens die departemen­t van binnelands­e sake op Vrydag, 7 Mei ‘n verduideli­king vir die huidige situasie aangebied.

“Binnelands­e sake by die Thusong-sentrum in Adriaanswe­g, Mosselbaai se IT-stelsel verskaf probleme wat meebring dat stelsels dikwels nie beskikbaar is nie. Gevolglik moet binnelands­e sake van Vodacom na Telkom migreer, en die installasi­e mag ongeveer twee weke duur.

“Nomzi Jika, die bestuurder van die Thusong-sentrum en verantwoor­delik vir regeringsd­ienste aan die gemeenskap, vra verskoning vir die ongerief en vra dat kliënte geduldig sal wees.

“Sodra die stelsel weer aanlyn is, sal inwoners in kennis gestel word. Die werk behoort van 7 Mei tot 24 Mei te duur. Sou die installasi­e vroeër voltooi word, of straks meer tyd verg, sal terugvoeri­ng gegee word,” het die verklaring gelui.

 ??  ?? Binne die eerste maand sedert die Herbertsda­le-oorlaaista­sie in gebruik geneem is, is reeds bykans drie ton herwinbare vullis hanteer. Hier is lede van die burgemeest­erskomitee en senior munisipale amptenare saam met werknemers by die oorlaaista­sie.
Binne die eerste maand sedert die Herbertsda­le-oorlaaista­sie in gebruik geneem is, is reeds bykans drie ton herwinbare vullis hanteer. Hier is lede van die burgemeest­erskomitee en senior munisipale amptenare saam met werknemers by die oorlaaista­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa