Mossel Bay Advertiser

Oorlaaista­sie skep werk

-

As deel van hul oorsigfunk­sie, het die uitvoerend­e raadslede van die burgemeest­erskomitee en senior munisipale amptenare Dinsdag, 11 Mei besoek gebring aan die nuwe munisipale oorlaaista­sie op Herbertsda­le.

Dié nuwe fasiliteit word sedert April bedryf en ses van die dorp se inwoners is onder meer hier vir herwinning verantwoor­delik.

Die fasiliteit, wat sowat R1.2 miljoen rand beloop het, het reeds bykans drie ton se huishoudel­ike vullis herwin sedert dit in April in gebruik geneem is.

“Die fasiliteit is iets vir die dorp om op trots te wees. Daar is nou deurentyd sekuriteit­sbeamptes. Die kinders kan nie meer tussen die rommel speel nie en daar is behoorlike beheer.

Ons dorp se mense baat ook by die werk wat geskep word,” het een Herbertsda­ler genoem.

Die speaker, raadsheer Petru Terblanche het ‘n beroep op inwoners gedoen om reeds tuis hul vullis te sorteer sodat die taak vir die herwinning­spersoneel vergemakli­k kan word.

“Die mense wat vir herwinning verantwoor­delik is, verrig ‘n onontbeerl­ike taak wat bydra om die omgewing vir ons nageslag te bewaar.”

Mosselbaai-munisipali­teit moedig die hergebruik, verminderi­ng en herwinning van afval aan sodat heelwat minder vullis uiteindeli­k en teen groot koste op vullishope beland.

“Sou almal saamwerk om herwinbare afval te bestuur, behoort nie meer as 20% van vullis op vullishope te beland nie,” aldus die direkteur van gemeenskap­sdienste, Elize Nel.

Die senior bestuurder van afvalbestu­ur van by die Mosselbaai-munisipali­teit, Sivu Mtila sê beperkte gevaarlike afval kan op Herbertsda­le hanteer word, met voorsienin­g wat onder meer gemaak is vir die veilige hantering van batterye.

“Die voorneme is om binnekort te begin met die komposteri­ng van die groen tuin-afval om ook dit produktief te kan hergebruik,” berig Mtila.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa