Mossel Bay Advertiser

Polisie kry pluimpie oor verloofrin­g

- Cornelle Carstens

‘n Bejaarde vrou van Seemeeu Park, Hartenbosh­euwels het van vreugde trane gestort toe sy ‘n verloofrin­g waaraan sy groot sentiment het, weer aan haar ringvinger kon steek.

Die vrou het volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie wat die diefstalsa­ak ondersoek het, op 20 April haar verloofrin­g ter waarde van R38 000 afgehaal en soos gebruiklik in ‘n juwelekiss­ie in haar kas gebere.

Haar huiswerker het intussen by die huis kom werk en toe die vrou per geleenthei­d na die ring soek waar sy dit gelaat het, was dit weg. Haar ander juwele was onaangeraa­k, maar slegs die ring is vermis. Sy het die huiswerker gekonfront­eer, maar die vrou het ontken dat sy van so ‘n ring kennis dra.

Op 26 April het die bejaarde vrou die diefstal by die Da Gamaskop-polisie aangemeld, waarna kst Wendell Januarie die inligting verskaf, opgevolg het. Januarie het die huiswerker ondervra waarna sy ‘n bekentenis afgelê het. Sy het ook die plek waar sy die ring vir R1 100 verpand het, uitgewys.

Januarie het die ring op 27 April aan die bejaarde vrou terugbesor­g, wat verheug was om dit terug te kon kry.

“Die ring was nie net waardevol nie, maar het groot sentimente­le waarde vir my aangesien my man dit 37 jaar gelede aan my gegee het. My man is verlede jaar oorlede, wat die diefstal nog erger gemaak het,” het sy in ‘n brief van waardering aan die Da Gamaskop-polisie geskryf. Sy het Januarie geloof vir sy uitstekend­e diens.

 ??  ?? Konstabel Wendell Januarie is vir sy werk geprys na hy ‘n sentimente­le verloofrin­g aan die eienaar daarvan terugbesor­g het. By hom is sy bevelvoerd­er, kapt Adele Nortjé.
Konstabel Wendell Januarie is vir sy werk geprys na hy ‘n sentimente­le verloofrin­g aan die eienaar daarvan terugbesor­g het. By hom is sy bevelvoerd­er, kapt Adele Nortjé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa