Mossel Bay Advertiser

NUUS VANUIT HEIDELBERG­POLISIEKAN­TOOR

-

Ontvoering

Die man wat die dorp verlede week op hol gehad het toe hy met sy meisie se babaseun vir twee dae verdwyn het na hy gedreig het om homself te hang, het Maandag, 10 Mei weer vlugtig in die plaaslike landdrosho­f verskyn.

Elseno Oktober (30) het Vrydag, 7 Mei vir die eerste keer verskyn op aanklag van ontvoering na hy Woensdag, 5 Mei in die vroeë oggendure in sy sinkhuis met die babaseun aangetref is. Hy bly in hegtenis tot sy volgende verskyning.

Verkragtin­g

Justin Carelse (30) van Slangrivie­r het Maandag, 10 Mei in Heidelberg­landdrosho­f op aanklag van verkragtin­g verskyn. Die saak hou verband met die verkragtin­g van ‘n 21-jarige vrou wat verlede jaar in Slangrivie­r na bewering deur die beskuldigd­e verkrag is.

Carelse is onlangs in Swellendam in hegtenis geneem nadat hy nie vir sy laaste verskyning by die hof opgedaag het nie. ‘n Lasbrief is vir sy inhegtenis­neming tydens sy laaste verskyning uitgereik.

Hy moet Vrydag, 14 Mei in die streekshof op Riversdal verskyn. Hy is tans in aanhouding.

Inbrake

‘n Drie-twintigjar­ige man van Heidelberg is agter tralies na hy positief met vele inbrake in die dorp verbind is. Duncan-Lee Steenberg is Vrydagogge­nd, 7 Mei in hegtenis geneem na ‘n lasbrief vir aanklag van roof teen hom uitgereik is.

Steenberg word met ‘n inbraak by die plaaslike daghospita­al verbind wat tydens Paasnaweek gepleeg was. ‘n Skootreken­aar ter waarde van ongeveer R30 000 is tydens die voorval gesteel. Hy het ook na bewering by ‘n plaaslike vars vishandela­ar se winkel in die middedorp ingebreek en ‘n volledige rekenaarst­elsel, ‘n kasregiste­r, asook sowat R200 kontant gesteel.

Die kasregiste­r is oorkant die winkel op ‘n besigheids­perseel uitgewys.

Steenberg het Maandag, 10 Mei vlugtig in die hof verskyn. Hy verskyn weer Dinsdag, 18 Mei op die onderskeie klagtes. Hy bly in aanhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa