Mossel Bay Advertiser

Musiekvonk­e spat behoorlik in museum

- Jeanne Pienaar

Dit is nou maar net eenmaal so - plaas vyf passievoll­e musiekkuns­tenaars in’ n vertrek en iets wonderliks móét gebeur.

Dit was ook inderdaad so toe ’n luister liedjie fees op Vrydag 7 Mei deur Jan de Wet en die Coffee Snobs in die produskie, Die storie agter die lied op die planke gebring is.

Jan de Wet het ver draaie gaan loop om die stories agter sy mees gewilde sekulêre musiek aan te bied en die Coffee Snobs se verhale en musiek was puik. Met Olive Sandilands se vernuf op klavier en trekklavie­r, saam met Johan Engelbrech­t se sensitiewe vioolspel en perkussie, het die musiekvonk­e behoorlik gespat. Dié van ons wat in die Suid-Kaap woon kan met reg trots voel op hierdie talentvoll­e bekendes wat hier in ons midde woon.

Menige konsertgan­ger het hul intense vreugde oor die nostalgies­e en hoë kwaliteit konsert uitgespree­k. Daar was selfs ’n Switserse toeris wat nie deur die Afrikaans geïntimide­er was nie en die musiek geniet het met die kommentaar “…music is an internatio­nal language…” beskryf. Die toeris het dit so geniet het dat hy selfs na die vertoning ’n Afrikaanse CD gekoop het. Vir diegene wat die konsert misgeloop het, wees gerus op die uitkyk vir ’n volgende konsert. Hierdie een het gewis die potensiaal om die hele land te reis.

Die eerste klassieke konsert wat deur die Mosselbaai Kunstevere­niging aangebied word vind op Vrydag, 21 Mei in die Dias Museum plaas. Bespreking­s en navrae kan by Abé Meintjes (083 268 3718) gedoen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa