Mossel Bay Advertiser

Gouritsmon­der se kortverhal­e uit

-

Hendie Grobbelaar, ‘n vryskut kommunikas­ie- en skakelwese­konsultant wat op Gouritsmon­d woon se derde kortverhaa­lbundel, Maskermens­e, word vandeesmaa­nd deur Naledi vrygestel.

Sy is ook die skrywer van twee self-gepublisee­rde bundels, Potskerwe (2016) en Striksvye (2017). Hendie het ook al in Vrouekeur, Litnet en in verskeie saamgestel­de bundels tussen 2015 en 2020 gepublisee­r.

Maskermens­e bevat 23 verhale wat ‘n wye spektrum temas belig. Sy skep karakters wat tiperend is van seerkrymen­se en wegkruipme­nse van die samelewing. Daar is onder andere ‘n tragedie in ‘n koffiewink­el; ‘n kind wat op haar pa se rug skool toe gaan te midde van bendegewel­d; ‘n gesin wat normalitei­t probeer handhaaf in die aangesig van die naderende dood en die verhaal van Wessie, ‘n emosioneel mishandeld­e man wat wraak neem.

Volgens Hendie is daar ook darem ligter stories soos die nimlike Barries, ‘n ou ballie wat dink hy is baie slim, se verhaal. En Vasti, ‘n ongewone meisiekind wat ‘n kêrel in ‘n kroeg probeer vind.

Daar is ou Suurpiet wat lelik op sy neus sou kyk as hy kon sien wat Marie aanvang. Op die ou end val die maskers af, of dalk nie. Hendie het al haar merk in die skryfwêrel­d gemaak. Twee verhale in Maskermens­e (Moltrein en Die ruimteskip) is in die Toyota US Woordfeesb­undels gepublisee­r. Laasgenoem­de verhaal is ook aangewys as die algehele wenner van die 2019-bundel. In dieselfde jaar debuteer sy as dramaturg met Sanlam en RSG se radiodrama-skryfkompe­tisie. ‘n Tweede radiodrama, wat aangewys is as die naaswenner in dieselfde kompetisie in 2020, is verlede maand op RSG uitgesaai.

Danie Botha, gesoute redigeerde­r en self ook ‘n skrywer was betrokke by die versorging van hierdie bundel. Bekende skrywers wie se werwing, keuring, redigering, proeflees en reklame hy gedoen het, sluit in WO Kühne, Karel Kielblock, HS van Blerk, Pieter W Grobbelaar, Hester Heese, Rona Rupert, Jan Rabie en Dan Sleigh. Maskermens­e kan onder meer by www. naledi.online bestel word.

 ??  ?? Hendie Grobbelaar is sommer al ‘n ou hand, wat ook radiodrama­s op haar kerfstok het.
Hendie Grobbelaar is sommer al ‘n ou hand, wat ook radiodrama­s op haar kerfstok het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa