Mossel Bay Advertiser

Kontrakteu­r loop ‘n bejaarde in

- Clive Pretorius

‘n Bejaarde vrou, Anna Andrews (79) van Joe Slovo Park, Heidelberg wag nou al langer as ‘n jaar vir ‘n plaaslike kontrakteu­r om haar kaste in die slaapkamer en en-suite badkamer klaar te maak.

Volgens Andrews het die kontrakteu­r, ‘n bekende in die dorp en streek, reeds in 2019 na die voltooiing van die bouwerk die geld in ontvangs geneem. Sy noem verder dat die messelaar wat die gebou opgerig het die kontrakteu­r aanbeveel het en dat sy ingestem het op die prys wat vasgestel is.

“Ek het hom eers ‘n bedrag van R6 950 en later weer ‘n bedrag van R3 000 betaal, waarna hy net die raamwerk voltooi het,” noem Andrews.

Sy vertel verder dat sy hom al menigmaal probeer kontak het, maar geen positiewe reaksie verkry het nie. “Na al my pogings om hom so ver te kry om die kaste te voltooi nie suksesvol was nie, was ek verplig om die kleineiseh­of te nader.

Die saak het voorgekom en op 19 Februarie 2020 is dit in haar guns beklink, waar die kontrakteu­r ingestem het om haar die bedrag van R10 000 plus koste te betaal.

Na meer as ‘n jaar se gewag na die hofbevel het sy weer op 3 Maart vanjaar die hof genader. Sy is na die balju se kantoor verwys met ‘n versoek om beslag op sy eiendom te lê.

Daar het egter niks van gekom nie, omdat daar glo geen eiendom in sy naam geregistre­er is toe die balju se personeel by sy woning was nie.

Die balju het aan Suid-Kaap Forum gesê dat hy die saak sal ondersoek. Hy het ook aanbeveel dat Andrews persoonlik met hul kantoor in verbinding tree. Die koerant het self ook met die kontrakteu­r gepraat en het hy aangedui dat hy wel dokumentas­ie vanaf die kleineiseh­of gekry het en dat hy aandag daaraan sou skenk.

Tot op hede het Andrews nog niks vanaf die kontrakteu­r gehoor nie.

 ?? Foto: Clive Pretorius. ?? Anna Andrews staan by die onvoltooid­e ingeboude kaste in die slaapkamer. INLAS: Die hofbevel wat deur die kleinsakeh­of uitgereik is.
Foto: Clive Pretorius. Anna Andrews staan by die onvoltooid­e ingeboude kaste in die slaapkamer. INLAS: Die hofbevel wat deur die kleinsakeh­of uitgereik is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa