Mossel Bay Advertiser

Kindersorg hou jongspan besig

-

‘n Program om kinders meer bewus van verskillen­de veiligheid­smaatreëls te maak, is op Donderdag, 29 April deur Kindersorg SA Riversdal op Kwanokuthu­la buite die dorp aangebied.

Working on Fire (WoF), asook die plaaslike brandweer, polisie, verkeersde­partement en kliniek is by die projek betrek. ‘n Totaal van 107 kinders is op die dag bereik.

Die brandweer en WoF het ‘n praatjie oor brandveili­gheid gedoen en het die kinders laat deelneem deur aan hulle vrae te vra, wat baie entoesiast­ies beantwoord is. Hulle het ook prakties gedemonstr­eer hoe die water uitkom wanneer ‘n brand geblus moet word, asook hoe om te dril, tot groot vermaak van die kinders.

Die polisie se kommunikas­iebeampte, sers Christiaan Jansen het oor algemene veiligheid­smaatreëls gesels. Suster Schaap van die kliniek het op Covid-19veilighe­idsmaatreë­ls gefokus en bewusmakin­g oor tuberkulos­is gedoen. Magda Kamfer, maatskapli­ke hulpwerker van Kindersorg SA Riversdal het beklemtoon dat die kinders veilig moet wees en is daar ook op Vryheidsda­g gefokus. “Die program het duidelik die hele gemeenskap se aandag getrek, omdat baie van die volwasse persone ook nadergesta­an het om na die program te luister,” vertel Shahida Filander van Kindersorg. Hulle bedank al die rolspelers, die Kwanokuthu­lagemeensk­ap, asook Hessequamu­nisipalite­it vir hul deelname en bydrae aan die vakansiepr­ogram.

 ??  ?? Die kinders luister aandagtig na die praatjies wat gelewer word.
Die kinders luister aandagtig na die praatjies wat gelewer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa