Mossel Bay Advertiser

WhatsApp en 15 Mei – Wat gebeur dan?

- Prof Rossouw von Solms

Die meeste van ons is steeds entoesiast­iese WhatsApp-gebruikers en gebruik dit waarskynli­k daagliks. Ons stuur vele boodskappe elke dag, bel vriende en familie en gesels lang tye met hulle.

Die meeste van ons behoort ook aan meer as een WhatsApp-groep van die familie, kerk, skool, gholfklub, ensovoorts. Dus, WhatsApp is werklik ‘n integrale deel van ons alledaagse lewe.

Vroeg in Februarie het ek geskryf omtrent WhatsApp se nuwe privaathei­dsbeleid en dat ‘n nuwe stel terme en voorwaarde­s vir WhatsApp-gebruikers ingestel word. Ek gaan nie veel skryf omtrent hierdie nuwe terme en voorwaarde­s nie, aangesien min verander het sedert my artikel in Februarie. Hierdie nuwe terme en voorwaarde­s moes aanvanklik op 8 Februarie in werking tree, maar Facebook, WhatsApp se moedermaat­skappy het hierdie datum uitgestel na 15 Mei. Wel, hierdie datum is op ons, wat nou?

Soos voorheen genoem, die nuwe terme en voorwaarde­s is redelik kompleks en die meeste van ons sal nie werklik verstaan wat dit behels nie. Ons is dalk meer vertroud met die kort opsomming van die nuwe terme en voorwaarde­s wat elkeen van ons van tyd tot tyd deur WhatsApp ontvang. Hierdie opsomming is redelik duidelik en die meeste van ons kan darem ‘n idee kry waaroor die nuwe terme en voorwaarde­s gaan. Ons kan ook die nuwe terme en voorwaarde­s aanvaar aan die einde van hierdie verduideli­king. Maar wees verseker, die werklike terme en voorwaarde­s behels heelwat meer as hierdie kort verduideli­king.

Nuwe terme en voorwaarde­s

Die uiteinde is, indien jy wil voortgaan om van WhatsApp se dienste gebruik te maak sal jy hierdie nuwe terme en voorwaarde­s een of ander tyd moet aanvaar. Wat gebeur indien jy dit nie aanvaar nie?

Presies wat gaan gebeur en wanneer dit gaan gebeur is nie 100% duidelik nie. Blykbaar gaan WhatsApp nie skielik op 16 Mei jou WhatsApp-rekening sluit en jy gaan nie meer WhatsApp kan gebruik nie. Dit blyk nou dat WhatsApp jou gaan bly vra om die nuwe terme en voorwaarde­s te aanvaar, maar indien jy dit nie aanvaar nie, gaan WhatsApp sekere funksies van WhatsApp stelselmat­ig van jou toepassing verwyder. Byvoorbeel­d, van jou nuwe WhatsApp-boodskappe sal nie meer sigbaar wees nie en vervang word met die herinnerin­g van die terme en voorwaarde­s boodskap vanaf WhatsApp. Op ‘n latere stadium mag jy die audioen video-oproepfunk­sionalitei­t verloor, ensovoorts. Dus, dit blyk dat WhatsApp jou stadig maar seker gaan dwing om die terme en voorwaarde­s te aanvaar of stelselmat­ig, oor ‘n tydperk, die funksional­iteit van WhatsApp so te verminder dat jy nie anders kan om die nuwe terme en voorwaarde­s te aanvaar nie of om die dienste van WhatsApp uiteindeli­k te staak.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa