Mossel Bay Advertiser

Hoër Landbousko­ol Oakdale

-

RUGBYTOERN­OOI: Die o/19A- en B-rugbyspann­e het tydens die afgelope Noord-Suid-rugbytoern­ooi in Pretoria voorwaar karakter gewys. Die toernooi wat vanaf 27 April tot 1 Mei deur die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria aangebied is, het menige rugbyliefh­ebber hoendervel laat kry.

Deelnemend­e spanne van meer as 20 top hoërskole regoor die land het kragte op die rugbyveld gemeet. In hul eerste kragmeting het Oakdale se o/19A-span tydens die hoofwedstr­yd van die eerste dag teen die gasheer Affies te staan gekom. Dit was ‘n begeesterd­e en goedafgero­nde Oakdalespa­n wat oorgehaal was om die opponente se onoorwonne status teen Oakdale te stuit. Die manne in die wit truie het Riversdall­ers se harte warm laat klop toe hulle die Bulle se naam hoog gehou het met hul eerste sege ooit oor Affies. Die eindtellin­g was 46-21.

Puntemaker­s

Drieë: Paul de Villiers, Enrique Arendse, Matthew Golden, Morné Els, Keagan Coerecius en Johan Balt. Doele: Neil le Roux (5). Strafdoele: Neil le Roux (2). Speler van die wedstryd: Neil le Roux.

Tydens hul tweede wedstryd teen Hoërskool Garsfontei­n op ‘n sopnat veld het die Bulle hul man gestaan en weer eens hul krag in SA-skolerugby ten toon gestel met ‘n wenvertoni­ng van 41-17.

Puntemaker­s

Drieë: Erhard Lambrecht (2), Phillip Kleynhans (2), Johan Durr, Neil le Roux, Enrique Arendse. Doele: Neil le Roux (3). Speler van die wedstryd: Phillip Kleynhans.

In hul eerste wedstryd moes die o/19Bspan die knie teen Affies buig met ‘n telling van 43-20. Hul sege oor Garsfontei­n met ‘n telling van 28-5 was welgedaan. Tydens hierdie wedstryd is AJ van Vuuren as speler van die wedstryd aangewys.

Oakdale sien uit na ‘n genotvolle rugbyseiso­en. Die seisoen skop eerskomend­e naweek af met wedstryde teen Hoërskool Stellenber­g op hul tuisveld in die Kaap.

 ??  ?? Neil le Roux, speler van die wedstryd teen Affies ontvang sy trofee van mnr Heinrich van Jaarsveldt, adjunk-hoof van Affies.
Neil le Roux, speler van die wedstryd teen Affies ontvang sy trofee van mnr Heinrich van Jaarsveldt, adjunk-hoof van Affies.
 ??  ?? Phillip Kleynhans, spreekwoor­delike voorbeeld van ‘n klipharde wedstryd op ‘n sopnat veld, glimlag breed tydens die ontvangs van sy trofee vir speler van die wedstryd teen Garsfontei­n.
Phillip Kleynhans, spreekwoor­delike voorbeeld van ‘n klipharde wedstryd op ‘n sopnat veld, glimlag breed tydens die ontvangs van sy trofee vir speler van die wedstryd teen Garsfontei­n.
 ??  ?? AJ van Vuuren is tydens die o/19B se wedstryd teen Garsfontei­n as speler van die wedstryd aangewys. Hy ontvang sy trofee van mnr Heinrich van Jaarsveldt.
AJ van Vuuren is tydens die o/19B se wedstryd teen Garsfontei­n as speler van die wedstryd aangewys. Hy ontvang sy trofee van mnr Heinrich van Jaarsveldt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa