Mossel Bay Advertiser

Susan tem die manne

-

Bounty Wildsverwe­rking se maandeliks­e borgdag is op Woensdag, 5 Mei ietwat ontwrig met Mosselbaai se onvoorspel­bare weer. Die handjievol gholfspele­rs by Mosselbaai-gholfbaan wat deurgedruk het, het nogtans goeie punte behaal.

Susan Combrinck het die omstandigh­ede puik hanteer en behaal ‘n skitterend­e 43 punte in die individuel­e stableford­kompetisie. Gert Pieterse laat hom nie maklik troef nie, maar Susan het gesorg dat Gert op 39 punte as naaswenner die stryd voltooi.

Drie spelers het op 36 punte hulle rondes afgesluit. Johan Buys het die beste gevaar in die uittel-proses en eindig in die derde plek. Noël Domingo en Roelof Combrinck was onderskeid­elik vierde en vyfde.

Saterdag

Die dreigende onweer het Saterdag, 8 Mei die vroegoggen­d spelers ietwat gekortwiek. Met die weer wat geleidelik opgeklaar het, het ‘n hele klomp spelers die baan betree.

Jaco Groenewald (voorgee 8) het sy talente ten toon gestel en op 38 punte was hy ‘n gewilde wenner van die individuel­e s ta bl e f o r d kompetisie. Die altyd blymoedige Chris Brits het ook tande gewys en op 37 punte word hy as naaswenner gekroon nadat hy die uittel teen Pine Pienaar gewen het.

Die bestendige Hilton Duminy het op 36 punte die vierde plek ingeneem en Pieter Steenkamp se 35 punte het aan hom die vyfde plek besorg. Die Winter-uitklopkom­petisie vorder fluks, maar daar is nog ‘n klomp spelers wat die eerste ronde moet voltooi.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Die Thunderbir­ds van die Mosselbaai-tennisklub, naaswenner­s in die B-Afdeling is van lnks: Frank Loubser, Maretha Fourie (kaptein), Berniece Bezuidenho­ut en Willem Pretorius, saam met Debra Hyde, toernooidi­rekteur.
Foto: Garnett Wicomb Die Thunderbir­ds van die Mosselbaai-tennisklub, naaswenner­s in die B-Afdeling is van lnks: Frank Loubser, Maretha Fourie (kaptein), Berniece Bezuidenho­ut en Willem Pretorius, saam met Debra Hyde, toernooidi­rekteur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa