Mossel Bay Advertiser

Outismelye­r skitter in karate

- Jannie du Plessis

Drie studente van die Mosselbaai Shotokan ZA karate-akademie het verlede jaar tydens Shotokan ZA se aanlynkomp­etisie baie goed presteer.

Zaine Adams het goud verwerf vir sy kata in die die afdeling seuns 13 jaar vir studente met spesiale behoeftes. Matthew Karelse het goud gekry in die seuns 12 jaar kata en Mason Mason het goud verwerf in die seuns 8 jaar kata. Leerders kon slegs katas vertoon as gevolg van Covid-19 en mag geen kontak maak nie.

Wat Adams se prestasie so besonders maak is dat hy ten spyte van outisme, die prestasie behaal het in sy eerste jaar wat hy aan karate deelneem. Volgens sy sensei, Vernon Peterson het Adams se ma aan hom gesê dat Adams outisties is, maar Peterson het meer in sy vaardighed­e gesien en met hom begin werk.

“Om op 13 jaar oud met ‘n oranje gordel om die lyf in sy eerste SA kampioensk­ap goud met sy eerste aanlynkomp­etisie te verwerf, is voorwaar ‘n prestasie,” sê

Peterson. Wat dit egter nog meer besonders maak, is dat Adams baie talent toon in hierdie sportsoort en, soos hy self sê, hy graag eendag ‘n swart gordel wil dra.

Die klub het sy ontstaan vanweë kinders wat nie toegang tot karate het nie. Peterson het toe met die visie vorendag gekom om bekostigba­re sport in die gemeenskap te vestig. Hy het by Shotokan ZA wat al vier jaar in Suid-Afrika bestaan, geregistre­er. Shotokan ZA is op hulle beurt by die World Union of KarateDo Federation­s (WKUF) geregistre­er.

Die span het weer ingeskryf vir die 2021-aanlynkomp­etisie. Volgens Peterson kom die uitslae aan die einde van die jaar. Dit is die eerste been van die kompetisie wat plaasgevin­d het. Die tweede been vind in Augustus plaas en dan weer in Desember. Die uitslae word bymekaarge­voeg en wenners word dan vir 2021 bepaal.

 ??  ??
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Sensei Vernon Peterson en sy studente wat onlangs aan die 2021 Shotokan ZA se aanlynkomp­etisie deelgeneem het. INLAS: Die 13-jarige Zaine Adams het verlede jaar met karate begin en het by sy eerste Shotokan ZA aanlynkomp­etisie goud gewen.
Foto: Jannie du Plessis Sensei Vernon Peterson en sy studente wat onlangs aan die 2021 Shotokan ZA se aanlynkomp­etisie deelgeneem het. INLAS: Die 13-jarige Zaine Adams het verlede jaar met karate begin en het by sy eerste Shotokan ZA aanlynkomp­etisie goud gewen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa